×
Skakel na Engels

Beesvleisragout

  • 15 min
  • 30 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • sout en peper
  • 1 t ekstrasuiwer olyfolie
  • 500 g ekstramaer beesmaalvleis
  • 1 groot wortel, fyngekap
  • 1 groot selderystingel, fyngekap
  • 1 klein ui (100 g tot 200 g), fyngekap
  • ¼ t fyn komyn
  • ¼ t fyn koljander
  • ’n knippie paprika
  • 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
  • 400 g volgraan-penne
  • 1 k vars kruisementblare, fyngekap

Resep Aanwysings

    1. Verhit ’n bedekte 6 liter-pot water oor hoë hitte tot kookpunt. Voeg 2 t sout by.
    2. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n 30 cm-pan. Voeg die maalvleis in ’n gelyke laag by. Sprinkel ¼ t sout en varsgemaalde swartpeper bo-oor. Laat 2 minute prut of totdat dit verbruin; roer en breek in stukkies op.
    3. Voeg die wortel, seldery en ui by.  Braai 5 minute of tot sag en goudbruin; roer af en toe. Voeg die komyn, koljander en paprika by. Braai 30 sekondes terwyl jy roer.
    4. Voeg die tamaties by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte totdat die mengsel matig prut. Laat 10 minute prut.
    5. Voeg intussen die penne by die kookwater. Kook 1 minuut minder as die minimum tyd op die etiketaanwysings. Dreineer en plaas terug in die pot.
    6. Roer die tamatiesous by; kook 2 minute oor matige hitte of totdat die pasta al dente en goed bedek is; roer.
    7. Voeg die kruisement en ¼ t elk sout en swartpeper by.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 610 kJ, 27 g proteïen, 58 g koolhidrate, 6 g totale vet (2 g versadigde vet), 8 g vesel, 47 mg cholesterol.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief