×
Skakel na Engels

Beesvleisbredie

  • 20 min
  • 120 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 650 g beesskenkels (gewig sonder die been), in blokkies gesny
  • 1 e gewone meel
  • 3 e olyfolie
  • 4 salotte, gehalveer
  • 2 knoffelhuisies, opgesny
  • 100 ml rooiwyn
  • 800 ml warm beesvleisaftreksel
  • ½ t droë roosmaryn
  • 125 g orzo-pasta (pastarys)
  • ’n groot hand vol ontpitte swart olywe
  • ’n groot hand vol vars pietersielie, grofgekap
  • water
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 160   ̊C. Plaas die vleis in ’n bak en sprinkel die meel oor.
    2. Verhit die helfte van die olie in ’n groot oondvaste kasserol (wat ’n styfpassende deksel het) oor matige hitte en verbruin die vleis bietjies-bietjies. Skep uit en hou eenkant.
    3. Verlaag die hitte en soteer die salotte vir 5 minute in die oorblywende olie tot goudkleurig. Roer die knoffel by en voeg die skenkel saam met enige vleissappe by. Voeg die wyn, aftreksel en roosmaryn by. Bring tot kookpunt. Bedek die kasserol met waspapier, sit die deksel op en bak dit in die oond vir 1 uur en 45 minute of totdat die vleis sag is. (Voeg nog aftreksel by as die vleis te droog lyk.)
    4. Haal die deksel af en roer die orzo by. Plaas onbedek in die oond vir 12 tot 15 minute of tot sag. Roer dan die olywe by, asook die meeste van die pietersielie en ’n bietjie water (as jy wil, om die korrels los te maak). Proe vir geur, garneer met die oorblywende pietersielie en sit voor.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 680 kJ, 14 g vet (3 g versadigde vet), 27 g koolhidrate (2 g totale suiker), 39 g proteïen, 2 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief