×
Skakel na Engels

Bief-pho

  • 15 min
  • 20 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Beef-Pho

Resep Bestanddele

  • 1 e kookolie
  • 400 g beeslendeskyf (sirloin), vet verwyder
  • 1,6 liter beesvleisaftreksel
  • 1 steranys
  • 4 heel naeltjies
  • 1 kaneelstokkie
  • 1 e elk soja- en vissous, plus ekstra
  • 150 g rysnoedels
  • 1 ui, fyngekap
  • 225 g boontjiespruite
  • 1 rooi brandrissie, in ringetjies gesny
  • ’n klein hand vol elk vars basilie- en koljanderblare, gekap
  • lemmetjiewiggies, om voor te sit

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte. Klad die biefstuk droog met kombuispapier. Geur goed en braai vir 5 tot 6 minute, draai een keer om vir halfgaar. (Braai korter of langer na smaak.) Lig die vleis uit die pan en laat staan.
    2. Giet die aftreksel in ’n groot pot en voeg die speserye by. Bring tot kookpunt en laat prut vir 5 minute. Voeg die soja- en vissous en noedels by, laat kook vir 5 minute, en voeg die uie, boontjiespruite en rissie by. Verwyder van die hitte.
    3. Sny die vleis in dun repies. Verdeel die sop tussen vier groot bakkies. Voeg die vleis by en sprinkel die kruie bo-oor. Sit voor met lemmetjiewiggies.
    ELKE PORSIE: 1 386 kJ, 8 g vet (2 g versadigde vet), 37 g koolhidrate (3 g totale suiker).
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief