×
Skakel na Engels

Beesvleis-en-tjips-roerbraai

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Beesvleis-entjips- roerbraai

Resep Bestanddele

  • 350 g bevrore aartappelskyfies
  • 1 e kookolie
  • 450 g ontbeende beeslende, teen die grein in dun skywe gesny
  • 1 t fyn komyn
  • ¼ t sout
  • 2 middelslag-poblano- of jalapeñorissies, saadjies verwyder en in dun skyfies gesny
  • 1 groot ui, in dun skyfies gesny
  • ½ t sout
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties, gedreineer
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • ¼ k gekapte koljander
  • lemmetjiewiggies

Resep Aanwysings

    1. Maak die aartappelskyfies volgens die aanwysings op die verpakking gaar.
    2. Verhit die kookolie oor mediumhoë hitte in ’n 30 cm-pan tot warm.
    3. Meng die vleis met die komyn en die sout. Soteer die vleis in die olie vir 3 minute of tot bruin; roer een keer. Skep dit op ’n bord uit.
    4. Verlaag die hitte na matig. Soteer die rissies, ui en sout vir 5 minute in die pan. Roer voortdurend. 
    5. Voeg die tamaties, knoffelhuisies en vleis by. Laat kook vir 2 minute terwyl jy roer. Roer die koljander en die skyfies by. Sit met lemmetjiewiggies voor. 
    ELKE PORSIE: Sowat 1 780 kJ, 27 g proteïen, 29 g koolhidrate, 22 g vet (7 g versadig), 5 g vesel, 665 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief