×
Skakel na Engels

Banting-Lasagne

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Banting-Lasagne

Resep Bestanddele

MAALVLEISSOUS
  • olyf- of klapperolie, vir braai
  • 1 ui, gekap
  • 10 ml gekneusde knoffel
  • 1 x 250 g-houer sampioene, in skyfies gesny
  • 500 g beesmaalvleis
  • 1 x 115 g-blikkie tamatiepasta
  • 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
  • 150 ml water
  • 30 ml droë Italiaanse kruie
  • 15 ml sout, of na smaak
  • 30 ml xilitol
  • rooipeper (opsioneel)
  • 200 g gerasperde cheddarkaas
PASTA
  • 2 eiervrugte
  • 125 g murgpampoentjies (opsioneel)
KAASSOUS
  • 250 ml room
  • 250 g mascarponekaas
  • 3 eiergele
  • neutmuskaat en sout na smaak

Resep Aanwysings

    1. Vir die maalvleissous, verhit ’n bietjie olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot sag en deurgaar. Voeg die maalvleis by en roer tot dit verbruin. Roer die tamatiepasta by, gevolg deur die gekapte tamaties en water.
    2. Voeg die kruie, sout, xilitol en rooipeper (as jy dit gebruik) by en roer deur. Laat prut onbedek vir 30 minute terwyl jy die res van die gereg berei.
    3. Sny die eiervrugte in dun skywe en strooi sout oor een kant. Laat dit sweet, en druk aan albei kante droog met kombuispapier. Braai die eiervrugskywe in olyf- of klapperolie tot bruin aan albei kante.
    4. Haal uit die pan en hou eenkant, gereed om in lae te pak.
    5. Sny die murgpampoentjies in die lengte in dun repe en hou eenkant om in lae te pak.
    6. Vir die kaassous, klits die room, mascarponekaas en eiergele saam tot romerig en glad. Voeg die neutmuskaat en sout by.
    7. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste skottel.
    8. Pak die lae soos volg: Begin met ’n laag maalvleissous, dan ’n laag eiervrug en murgpampoentjies, dan kaassous en ’n laag gerasperde kaas. Herhaal die lae.
    9. Bak vir 45 minute. Laat 20 minute staan voordat jy dit voorsit.
    WENK: Gebruik ’n verskeidenheid gekapte vars kruie soos basilie, origanum, tiemie, marjolein en roosmaryn pleks van die droë kruie. 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief