×
Skakel na Engels

Banoffee-pannekoekstapel

  • 5 min
  • 5 min
  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 320 g karamelsous
  • 8 vooraf gebakte pannekoeke, by die meeste supermarkte beskikbaar
  • 4 ryp piesangs
  • 300 ml dubbeldik room, geklop, of ’n 250 g-blik spuitroom
  • 25 g donker sjokolade, grofgerasper 

Resep Aanwysings

    1. Verhit die karamel in ’n klein pannetjie oor matige hitte totdat dit loperig en maklik smeerbaar is (sowat 5 minute).
    2. Plaas 2 pannekoeke op ’n koekstaander, smeer ’n ¼ van die karamel bo-oor, pak piesangskyfies daarop en skep of spuit van die room bo-op. Sprinkel ’n paar sjokoladefrummels oor. Plaas nog 2 pannekoeke bo-op en herhaal met die orige pannekoeke en vulselbestanddele.
    3. Sit dadelik voor. Sny die pannekoekstapel in skywe. 

    ELKE PORSIE: Sowat 2 290 kJ, 36 g vet (21 g versadigde vet), 51 g koolhidrate (39 g totale suiker), 6 g proteïen, 2 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief