×
Skakel na Engels

Bak ’n hoender in die man-oond

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 blikkie appelsider, gemmerbier, bier, coke, appelsap of druiwesap
  • 1 hoender
  • 15 g tot 20 g van jou gunsteling-hoenderspesery of “rub”
  • 4 tot 8 middelslag- tot groot aartappels
  • vleistermometer

Resep Aanwysings

    1. Maak die blikkie appelsider/bier/sap/koeldrank oop en gooi ’n derde van die inhoud in jou keel af. Laat die res van die vloeistof in die blikkie kamertemperatuur bereik. Gebruik ’n outydse blikoopmaker en druk nog ’n paar gate bo in die blik.
    2. Steek die houtskoolvuur aan en stel jou man-oond op vir nie-regstreekse braaiwerk. By ’n kamado-styl-oond behels dit dat jy die weerkaatsingsplaat moet gebruik; by ’n ketelbraaier beteken dit jy moet twee hopies kole op die onderste rooster hê met ’n oop strook in die middel.
    3. Verwyder die sakkie binnegoed uit die binneholte van die hoender (as daar ’n sakkie is).
    4. Vryf die hoender se binne- en buitekant goed met jou hoenderspeserye of “rub”.
    5. Druk die blikkie by die binneholte van die hoenderkarkas in.
    6. Maak die hoender staan (die blikkie binne-in sal ook regop wees) in die middel van die boonste rooster van jou man-oond en pak die aartappels om die hoender.
    7. Sit die deksel van die man-oond op en bak die hoender vir 1 uur by 180 °C. Maak seker die onderste en boonste lugluike is oop, anders gaan die kole uitdoof en doodgaan.
    8. Moenie die deksel in die eerste 50 minute oplig nie.
    9. Ná 50 minute tot 1 uur sal die hoender reg wees. Die vel sal bros wees en van die blikkie se vloeistof sal deur die hoender gestoom het om  die vleis sappig en geurig te maak. Die hoender is gaar wanneer die interne temperatuur van die dikste dele van die vleis 77 °C op jou vleistermometer bereik.
    10. Haal die hoender en aartappels uit die man-oond, gooi die blikkie en sy oorblywende vloeistof weg en laat die hoender vir ’n paar minute rus voordat jy hom sny.
    11. Sit voor met die aartappels, wat teen dié tyd bros aan die buitekant en heeltemal sag binne-in sal wees.

    WENK: ’n Man-oond is eenvoudig ’n ketelbraaier of ’n kamado-styl-braaier.

    KOLE: Matig tot warm

     

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief