×
Skakel na Engels

Babahoenders in spek toegedraai

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 e botter
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 t gemmer, gerasper
  • 8 Turkse appelkose, fyngekap
  • 2 e gedroogde bosbessies, gekap
  • 1 e koljanderblare, gekap
  • 1 klein appel, fyngekap
  • 1 klein brandrissie, gekap (opsioneel)
  • 1 tot 2 t sesamolie (opsioneel)
  • 4 varkworsies, worsderm verwyder
  • 4 babahoenders
  • sout en peper
  • 1 t fyn komyn
  • 16 tot 20 repies strepiespek
  • 8 takkies vars roosmaryn

Resep Aanwysings

    1. Verhit die botter in ’n pan en voeg die ui, knoffel en gemmer by. Braai dit vir 3 minute terwyl jy dit gereeld roer. Voeg die appelkose en bosbessies by en braai vir nog 2 minute.
    2. Voeg die koljander, appel, brandrissie en sesamolie (as jy dit gebruik) by. Haal van die hitte af en laat afkoel voordat jy dit met die worsvleis meng.
    3. Verdeel die worsmengsel in vier en stop die hoenders daarmee.
    4. Geur die hoenders met sout, peper en komyn. Draai elke hoender in spek toe en druk twee takkies roosmaryn onder die spek by elkeen in. Hou die hoender in die yskas tot wanneer jy dit gaan rooster.
    5. Voorverhit die oond tot 190 °C.
    6. Plaas die hoenders in ’n oondpan en rooster vir 45 minute.
    7. Haal uit die oond en laat vir 10 minute rus voordat jy dit voorsit.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief