×
Skakel na Engels

Avokado met gerookte salm en ’n spanspekslaai

  • 2
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • ½ avokado
  • 2 repies gerookte salm
  • gerasperde rooi-ui
  • ’n bietjie vars suurlemoensap
  • ekstrasuiwer olyfolie
  • sout en peper
  • 1 k spanspekblokkies
  • ’n bietjie vars lemmetjiesap of gerasperde lemmetjieskil

Resep Aanwysings

    Sny die ½ avokado in twee stukke. Draai elke stuk in ’n repie gerookte salm toe. Besprinkel met gerasperde rooi-ui en druk ’n bietjie vars suurlemoensap daaroor uit. Bedruip met ekstrasuiwer olyfolie en geur na smaak met sout en peper. Sit voor met spanspekblokkies wat met ’n bietjie vars lemmetjiesap of gerasperde lemmetjieskil gegarneer is.    
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief