×
Skakel na Engels

Avokado-en-speksop

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 salotte, in dun skyfies gesny
  • 800 ml hoenderaftreksel, met kookwater aangemaak
  • 4 baie ryp avokado’s
  • 1 tot 2 t suurlemoensap, na smaak
  • 100 g ongegeurde laevetjogurt
  • Tabasco, opsioneel
  • sout en swartpeper
VIR GARNERING
  • 40 g gaar, bros spek, fyngekap
  • 4 e tamatiesalsa

Resep Aanwysings

    1. Plaas die salotte in ’n voedselverwerker en giet die warm aftreksel by. Laat onbedek vir 20 minute (om die salotte te versag) of tot afgekoel só staan.
    2. Halveer die avokado’s, gooi die pitte weg en skep die vlees in die voedselverwerker uit. Voeg die suurlemoensap, jogurt, ’n paar druppels Tabasco (as jy dit gebruik) en heelwat sout en peper by. Meng tot glad. Proe vir smaak, giet in ’n beker, bedek en verkoel. (Of gaan voort as jy die sop by kamertemperatuur wil voorsit.)
    3. Verdeel die sop tussen vier bakkies en rond af met die bros spek, salsa en ’n bietjie varsgemaalde swartpeper. Sit met tortillaskyfies voor as jy wil.
    ELKE PORSIE: 1 470 kJ, 33 g vet (7 g versadigde vet), 7 g koolhidrate (5 g totale suiker), 7 g proteïen, 5 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief