×
Skakel na Engels

Aspersies met gemmer, knoffel en suurlemoenbotter

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Aspersies met gemmer knoffel en suurlemoenbotter

Resep Bestanddele

  • 600 g aspersies, punte afgesny
  • 100 g ongesoute botter
  • 2 knoffelhuisies, geskil en gekneus
  • ’n klein stuk vars gemmer, geskil en gerasper
  • skil en sap van 1 suurlemoen
  • seesout en varsgemaalde swartpeper

Resep Aanwysings

    1. Kook die aspersies in ’n pot kokende soutwater tot sag maar bros (maksimum 3 tot 4 minute). Skep dit versigtig uit die pot en dreineer goed. Skep dit in ’n opdienbak en hou warm.
    2. Smelt die botter en voeg die knoffel, gemmer en suurlemoenskil en -sap by. Geur na smaak. Roer vir 2 minute tot die gemmer en knoffel gaar is.
    3. Giet dit oor die aspersies en sit voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief