×
Skakel na Engels

Aspersie-en-emmental-pizzettas met spek, voorgesit met Italiaanse slaai

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

PIZZETTAS
  • 230 g aspersies, punte afgesny
  • 170 g shiitake-sampioene, stammetjies afgesny en fyngekerf
  • ¼ k olyfolie, plus ekstra vir die panne
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 700 g vars of bevrore (ontdooide) pizzadeeg
  • 5 repies spek
  • 170 g emmentalkaas, gerasper
  • 6 groot eiers
ITALIAANSE SLAAI
  • 2 e ekstrasuiwer olyfolie
  • 1 e rooiwynasyn
  • 1 e kappertjiesaad, afgespoel en fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 230 g Italiaanse slaai, gekerf
  • 1 k vars platblaarpietersielie
  • ¼ k geroosterde geel soetrissie, fyngekap

Resep Aanwysings

    PIZZETTAS

    1. Rangskik die oondrakke op die boonste en onderste derdes van die oond. Voorverhit tot 240 °C. Smeer twee oondbakke van 45 cm x 30 cm.
    2. Sny die aspersies teen ’n hoek in 5 cm-stukke. Skep dit oor in ’n bak. Voeg die sampioene, olie, knoffel en ¼ t sout by; meng alles goed deur.
    3. Verdeel die deeg in 6 balle. Rol een bal met ’n koekroller op ’n meelbestrooide oppervlak in ’n 15 cm-sirkel uit. Plaas dit op ’n bakplaat. Herhaal met die oorblywende deeg.
    4. Maak ’n holte in elke deegsirkel en verdeel die aspersiemengsel eweredig tussen die sirkels. Bak vir 10 minute of tot goudbruin. Ruil die oondpanne halfpad om.
    5. Plaas die spek op kombuispapier op ’n bord. Bedek met 2 velle kombuispapier. Mikrogolf op hoog vir 4 tot 6 minute of totdat dit bros begin raak. Laat effens afkoel; skeur die spek in klein repies.
    6. Strooi spek en emmentalkaas oor elke pizzetta. Bak vir 1 tot  2 minute of totdat die kaas gesmelt het. Breek ’n eier in die middel van elkeen oop en bak vir 6 tot 8 minute of tot geset. Strooi sout en peper oor en sit warm voor.

    ELKE PORSIE:  Sowat 2 615 kJ, 23 g proteïen, 58 g koolhidrate, 32 g totale vet (10 g versadigde  vet), 3 g vesel, 241 mg cholesterol, 1 151 mg natrium.

    ITALIAANSE SLAAI

    1. Meng die olie, asyn, kappertjiesaad en ¼ t peper in ’n groot bak.
    2. Voeg die slaai, pietersielie en soetrissie by en meng goed.

    ELKE PORSIE:  Sowat 215 kJ, 1 g proteïen, 2 g koolhidrate, 4 g totale vet (1 g versadigde vet), 1 g vesel, 0 mg cholesterol, 266 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief