×
Skakel na Engels

Artisjok-frittata

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 450 g klein rooi- of baba-aartappels, in kwarte gesny
  • 1 e plus 1 t olyfolie
  • sout en peper
  • 2 sprietuie, gekap
  • 1 rooi soetrissie (225 g), gekap
  • 1 houer (200 g) rosa-tamaties
  • 1 blik (370 g tot 400 g) artisjokharte, gedreineer en afgespoel
  • 4 groot eiers plus 4 groot eierwitte
  • ½ k gekrummelde fetakaas

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oondrak 15 cm vanaf die roosterelement.
    2. Plaas die aartappels en ¼ k water in ’n mikrogolfbestande bak, bedek met kleefplastiek en steek ventilasiegaatjies in. Mikrogolf vir 8 minute op hoog of totdat die aartappels sag is. Dreineer.
    3. Keer die aartappels saam met 1 t olie en ’n knippie elk sout en peper in ’n rolkoekpan uit. Rooster vir 6 minute of totdat dit begin verbruin.
    4. Verhit intussen 1 e olie in ’n kleefwerende 25 cm-pan op matige hitte vir 1 minuut. Voeg die sprietuie en soetrissie by. Braai vir 5 minute of tot goudbruin; roer af en toe. Voeg die tamaties en artisjokharte by. Braai vir 2 tot 5 minute of totdat die tamaties begin oopbars; roer af en toe.
    5. Terwyl die groente gaar word, klop die eiers en eierwitte in ’n middelslagbak saam met ¼ t elk sout en peper en die helfte van die feta. Giet dit bo-oor die groente en kantel die pan liggies om eweredig te versprei. Rond af met die oorblywende feta. Bedek die pan vir 5 tot 6 minute of tot geset. Sit met die aartappels voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief