×
Skakel na Engels

Appeltert

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Appeltert

Resep Bestanddele

VULSEL
  • 10 soet appels (Golden Delicious of ’n rooiskil-variëteit), met die skil aan
  • 1/2 k vars appel- of lemoensap
  • 2 t vanielje-ekstrak of -pasta
  • 2 e rou heuning
KORS
  • 300 g speltmeel
  • 200 g koue ongesoute botter, in blokkies gesny
  • 1/4 t seesout
  • 1/4 k rou fyn suiker (opsioneel)
  • 3 tot 4 e koue water
  • 1/2 tot 1 k hawermout vir uitrol, plus ekstra vir versiering

Resep Aanwysings

    1. Vir die vulsel, sny die appels in kwarte en verwyder die kerns.
    2. Sny elke kwart in die helfte en plaas dit in ’n groot kastrol.
    3. Voeg die appel- of lemoensap en vanielje by.
    4. Plaas die kastrol op die stoof oor lae tot medium hitte.
    5. Laat dit kook terwyl jy af en toe roer totdat die appels begin sag en pap raak. Dit behoort sowat 15 tot 20 minute te neem.
    6. Verwyder die kastrol van die hitte en dreineer enige vloeistof van die appels indien nodig.
    7. Vou die heuning daarby in en laat afkoel.
    8. Om die kors te maak, meng die speltmeel, botter en seesout (en suiker indien jy dit gebruik) in ’n mengbak.
    9. Vryf dit liggies met jou vingers totdat die mengsel soos growwe broodkrummels lyk.
    10. Meng ’n bietjie koue water by om ’n deeg te vorm. Moenie die deeg te veel bewerk nie, anders sal dit hard raak.
    11. Sprinkel hawermout oor die deeg en verdeel dit in 2 stukke.
    12. Laat dit vir 30 minute tot 1 uur in die yskas rus.
    13. Rol die helfte van die verkoelde deeg tussen 2 velle bakpapier uit sodat dit in ’n 20 cm-tertpan sal pas.
    14. Voer die tertpan eweredig met die uitgerolde deeg uit.
    15. Skep die afgekoelde, gedreineerde appelvulsel in die kors.
    16. Rol die res van die deeg uit en plaas dit liggies bo-op die appelvulsel.
    17. Seël die rande en sny ’n kruis met ’n skerp mes in die middel van die deeg.
    18. Sprinkel ’n bietjie hawermout bo-oor die deeg vir versiering.
    19. Bak in ’n voorverhitte oond by 180 °C vir 45 minute of tot goudkleurig.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief