×
Skakel na Engels

Appelstrudel

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 4 groen appels, geskil, ontkern en in skyfies gesny
  • 125 ml rosyntjies of gedroogde bosbessies
  • 15 ml suurlemoenskil
  • 125 ml suiker
  • 5 ml fyn kaneel
  • 50 g gemaalde amandels
  • 6 velle fillodeeg
  • 100 g botter, gesmelt
  • 25 g ekstra botter
  • 250 ml vars broodkrummels
  • versiersuiker en geklopte room vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
    2. Meng die appels, rosyntjies, suurlemoenskil, suiker, kaneel en amandels in ’n bak.
    3. Lê ’n vel van die fillodeeg op jou werkoppervlak neer, verf met gesmelte botter en lê nog ’n vel bo-op neer.
    4. Hou aan om met botter te verf en lae neer te lê totdat al die velle opgebruik is.
    5. Verhit die ekstra botter in ’n pan. Voeg die broodkrummels by, braai tot goudbruin en sprinkel dit oor die deeg.
    6. Skep die appelmengsel op een kant van die deeg. Los ’n 5 cm-rand aan die bokant en sowat 2 cm aan albei kante.
    7. Vou die deeg oor die vulsel om dit te bedek, vou dan die kante in en rol die deeg op. Lig dit versigtig tot op ’n bakplaat en verf die bokant met gesmelte botter.
    8. Bak vir 30 tot 40 minute tot gaar en goudbruin.
    9. Verwyder en laat afkoel.
    10. Plaas die strudel op ’n bord en sif versiersuiker bo-oor. Bedien met geklopte room.
    JO-ANN STRAUSS SE WENK:  Jy kan blaar- óf fillodeeg gebruik; laasgenoemde is effens gesonder. Ek druk my eie stempel af en voeg verskillende soorte neute by. Die oorspronklike resep het nie die rosyntjies ingesluit nie, maar ek dink dit verbeter die geur.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief