×
Skakel na Engels

Appels in die mikrogolfoond “gebak”

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 4 klein appels
  • 1 t suiker
  • ’n knippie gemaalde wonderpeper
  • ’n knippie gemaalde neutmuskaat
  • 8 t gedroogde bosbessies
  • 4 t water
  • 2 t ligte margarien
  • 8 t okkerneute, fyngekap

Resep Aanwysings

    1. Sny die bokant van elke appel af. Gebruik ’n ronde lepel waarmee jy spanspekballetjies rol en skep die stingel en pitte uit sonder om die onderkant van die appel raak te sny.
    2. Plaas dit in ’n glas-pasteibak, sprinkel suiker en speserye oor. Verdeel die bosbessies, water en margarien tussen die appels.
    3. Bedek; mikrogolf op hoog (70% krag) vir 8 minute of tot sag. Hou dit bedek en laat vir 3 minute staan. Rond dit met die okkerneute af.
    ELKE PORSIE: Sowat 607 kJ, 2 g proteïen, 27 g koolhidrate, 5 g totale vet (1 g versadigde vet), 4 g vesel, 0 mg cholesterol, 20 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief