×

Appel-en-brie-pizza met gekaramelliseerde uie

  • 20 min
  • 60 min
  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 e olyfolie
  • 2 groot, soet uie, in dun skyfies gesny
  • ¼ t sout
  • 680 g gekoopte pizzadeeg
  • 1 klein appel, in dun skyfies gesny
  • 120 g briekaas, in dun skyfies gesny
  • ½ t varsgemaalde swartpeper
  • 1 e balsamiese asyn
  • vars basilieblare vir garnering

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie op matige hitte in ’n 30 cm-pan. Voeg die uie en  ¼ t sout by. Bedek en laat sweet vir 15 minute of tot goudbruin en amper sag; roer af en toe.
    2. Voorverhit die oond tot 250 °C. Versprei die uie op die deeg. Bak vir 15 minute. Bedek met die appel en brie. Bak vir 20 minute of totdat die kors goudbruin is. Sprinkel ¼ t peper oor en bedruip met asyn. Garneer met basilie.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 700 kJ, 10 g proteïen, 52 g koolhidrate, 18 g vet (4 g versadigde vet), 3 g vesel, 530 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief