×
Skakel na Engels

Alkoholvrye pynappel-en-gemmer-mojito

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 pynappels, in ringe of wiggies gesny
  • 15 cm-stuk versuikerde gemmer, fyngekap
  • 30 kruisementblare 
  • 5 tot 6 lemmetjies, in wiggies gesny
  • sowat 30 ysblokkies, fyngemaal
  • 1,5 ℓ gemmerbier 

Resep Aanwysings

    1. Verdeel die stukke pynappel, versuikerde gemmer, kruisementblare en lemmetjiewiggies tussen ses glase.
    2. Gebruik ’n kneusstokkie of ’n houtlepel om die bestanddele te kneus sodat die sap en olie van die vrugte en kruisement vrygestel kan word.
    3. Skep fyn ys in elke glas, vul die glase met koue gemmerbier en sit voor.

    WENKE: As jy ’n alkoholiese mojito verkies, voeg 30 ml tot 45 ml gekruide rum by elke glas wanneer jy die pynappel, gemmer, kruisement en lemmetjie kneus. Jy kan Stoney-gemmerbier gebruik of enige ander geurige soort vir ’n intenser geur. 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief