×
Skakel na Engels

Aartappels met hoendervulsel

  • 25 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 4 bakaartappels
  • 1 e olyfolie
  • 1 bossie sprietuie, in skyfies gesny
  • 1 t vinkelsaad
  • 450 g hoendermaalvleis
  • 1 groot rooi soetrissie
  • 2 t Sriracha-sous
  • sout
  • ¼ k suurroom

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 220 °C. Prik die aartappels met ’n vurk en plaas op ’n mikrogolfbestande bord. Mikrogolf op hoog vir 14 tot 16 minute of tot sag; draai dit een keer om. Plaas dit in die oond en bak vir 5 tot 7 minute of totdat die skil bros is.
    2. Verhit intussen die olie in ’n kleefvrye 30 cm-pan oor matige hitte. Voeg die sprietuie – los ’n bietjie vir garnering – en vinkelsaad by en braai vir 2 minute; roer gereeld. Voeg die maalvleis, rooi soetrissie, Sriracha en 1/8 t sout by. Braai vir 8 minute of totdat die hoender nie meer pienk is nie; roer af en toe.
    3. Vir opdiening, maak ’n sny in elke aartappel en vul dit met die hoendermengsel. Skep suurroom bo-op en garneer met die orige sprietuie.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief