×
Skakel na Engels

Aartappel-omelet met kaas

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 e olie
  • 2 k fyngekerfde uie
  • 230 g baba-aartappels, in dun skyfies gesny
  • sout
  • 6 eiers
  • 2 eierwitte
  • 1 k gerasperde cheddar
  • gekerfde sprietuie, vir garnering

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie oor matige hitte in ’n kleefvrye pan. Voeg die uie, baba-aartappels en ’n knippie sout by. Bedek en laat sweet vir 10 minute tot sag. Roer van tyd tot tyd.
    2. Meng die eiers, eierwitte, ½ k cheddar en ¼ t sout saam in ’n mengbak.
    3. Meng die aartappelmengsel by en skep dit terug in die pan. Bak op medium-lae hitte vir 10 minute of totdat die onderkant goudbruin is. Druk die kante na binne toe wanneer dit begin stol.
    4. Keer ’n bord oor die pan om en draai dit om. Laat gly die omelet in die pan terug met die ongebakte gedeelte na onder. Strooi die oorblywende ½ k cheddar oor. Bedek en bak vir 4 minute of totdat die mengsel gestol het.
    5. Sny in wiggies, garneer met sprietuie en sit voor saam met geroosterde baguette-snye, as jy wil.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief