×
Skakel na Engels

Aarbeiamandel-en-Klapperskywe

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Aarbeiamandel-en-Klapperskywe

Resep Bestanddele

VIR DIE BASIS
  • 280 g sagte botter by kamertemperatuur
  • 400 g koekmeel
  • 160 g strooisuiker
  • 1 opgehoopte teelepel bakpoeier
  • 120 g droë klapper
  • koue water, vir die deeg
VIR DIE VULSEL
  • 300 g aarbeikonfyt
  • 350 g aarbeie, gesny
VIR DIE BOLAAG
  • 2 groot eiers
  • 90 g suiker
  • 120 g hawermout
  • 75 g amandelvlokkies
  • 30 g droë klapper

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
    2. Vir die kors: Plaas die botter en meel in ’n bak en vryf dit totdat dit soos broodkrummels lyk.
    3. Voeg die strooisuiker, bakpoeier en droë klapper by en meng goed.
    4. Voeg ’n bietjie koue water by om die mengsel te bind en ’n deeg te vorm.
    5. Druk die deeg in ’n 20 cm x 30 cm-oondpan vas. Bak vir 15 tot 20 minute tot goudkleurig. Laat afkoel.
    6. Vir die vulsel: Smeer die konfyt oor die afgekoelde basis en pak aarbeie bo-op.
    7. Maak die bolaag: Klits die eiers en suiker in ’n menger tot lig en donsig (sowat 5 minute).
    8. Voeg die hawermout, amandelvlokkies en klapper by. Vou dit in om te meng en giet dit oor die basis en vulsel.
    9. Bak vir 15 minute of totdat die bokant goudkleurig is. Haal dit uit die oond en laat in die pan afkoel.
    10. Haal dit uit die pan, sny in vierkante of skywe en sit voor.
    WENK: Jy kan enige vrugte of konfyt gebruik!
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief