×
Skakel na Engels

5 planne met frikkadelle

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

WAT-DE-FRIKKADEL-PIZZA
  • 450 g pizzadeeg
  • 1 k Napolitaanse sous
  • 1 kg klaarbereide gekoopte frikkadelle
  • ¼ k gemengde piekelgroente
  • 2 k gerasperde kaas (parmesaan of grana padano)
  • ⅓ k basilieblare, geskeur
FRIKKADEL-ENCHILADAS
  • 230 g tamaties, gekap
  • 1 e rissiepoeier
  • 500 g klaarbereide gekoopte frikkadelle
  • 8 mielietortillas
  • 280 g enchilada-sous
  • 2 k gerasperde kaas (meng cheddar en mozzarella)
ITALIAANSE VLEIS-EN-GROENTESOP
  • 6 k hoenderaftreksel
  • 500 g klaarbereide gekoopte frikkadelle
  • 230 g witloof, gekap
  • 2 e gerasperde parmesaankaas
SWEEDSE FRIKKADELLE
  • 1 ui, gekap
  • 3 e botter
  • 2 e meel
  • 410 ml biefaftreksel
  • 2 e room
  • 2 t suurlemoensap
  • 2 t worcestersous
  • 1 kg klaarbereide gekoopte frikkadelle
MAROKKAANSE ALLEGAARTJIE
  • 1 ui, gekap
  • 1 e olie
  • 800 g tamatiepuree
  • 1 kg klaarbereide gekoopte frikkadelle
  • 1 k beesvleisaftreksel
  • 1 e komyn
  • ¼ t kaneel

Resep Aanwysings

    • WAT-DE-FRIKKADEL-PIZZA
    Verhit ’n bakplaat by 230 °C in die oond.  Druk die pizzadeeg in ’n 35 cm-ovaal op bakpapier uit. Bedek met die Napolitaanse sous, frikkadelle, piekelgroente, gerasperde kaas en basilieblare. Bak vir 20 minute op die bakplaat. Genoeg vir 6.
    • FRIKKADEL-ENCHILADAS
    Meng die tamaties, rissiepoeier en frikkadelle. Vul die mielietortillas daarmee en pak dit met die vou na onder in ’n oondbak. Bedek met die enchilada-sous en gerasperde kaas en bak vir 30 minute by 205 °C. Genoeg vir 4.
    • ITALIAANSE VLEIS-EN-GROENTESOP
    Laat prut die hoenderaftreksel, frikkadelle en witloof vir 10 minute in ’n kastrol oor matige hitte. Roer die parmesaankaas daarby in. Genoeg vir 4.
    • SWEEDSE FRIKKADELLE
    Braai die ui in die botter in ’n pan oor matige hitte vir 5 minute. Roer die meel daarby in. Roer die biefaftreksel, room, suurlemoensap en worcestersous by. Laat prut vir 7 minute. Voeg die frikkadelle by en laat deurwarm word. Genoeg vir 6.
    • MAROKKAANSE ALLEGAARTJIE
    Braai die ui in die olie in ’n kastrol oor matige hitte vir 5 minute. Voeg die tamatiepuree, frikkadelle, beesvleisaftreksel, komyn en kaneel by en laat prut vir 10 minute. Genoeg vir 6.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief