×
Skakel na Engels

Spaghetti carbonara-panpastei

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Spaghetti carbonara-panpastei

Resep Bestanddele

  • 2 t olyfolie
  • 110 g gekapte pancetta
  • 3 middelslag-salotte, gekap
  • 6 groot eiers
  • 1 k laevet-melk
  • ⅓ k gerasperde pecorinokaas
  • ¼ t sout
  • ¾ t peper
  • 450 g spaghetti, gekook
  • pietersielie en ekstra pecorino

Resep Aanwysings

    1. Giet 2 t olyfolie in ’n oondvaste 25 cm-pan en braai 110 g gekapte pancetta oor matige hitte vir 6 minute of tot bros; roer gereeld.
    2. Voeg 3 middelslag-salotte, gekap, by en braai vir 2 minute terwyl jy roer.
    3. Klits 6 groot eiers, 1 k laevet-melk, ⅓ k gerasperde pecorinokaas, ¼ t sout en ¾ t peper in ’n groot bak saam.
    4. Voeg 450 g spaghetti, gekook, en die pancettamengsel by en meng.
    5. Skep alles weer in die pan. Bak dit by 190 °C vir 20 minute of totdat die eier geset het.
    6. Garneer met pietersielie en ekstra pecorino. Genoeg vir 6.

    ELKE PORSIE: Sowat 2 050 kJ, 24 g proteïen, 62 g koolhidrate, 16 g vet (6 g versadig), 4 g vesel, 450 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief