×
Skakel na Engels

Advertensie-promosie: Spaar só geld op wasgoed was

Wasgoed was kan ’n duur storie raak. Lees hier hoe energiedoeltreffende wastoestelle jou ’n paar rand kan spaar

Wasgoed was is ’n huistakie wat elkeen gereeld moet doen. Sommige huishoudings kan glo tot 400 bondels per jaar was!

Dit spreek dus vanself dat wasgoed was nogal n duur storie kan raak.

 

Dís hoekom energiedoeltreffende wastoestelle ’n belangrike manier is waarop jou gesin geld kan bespaar.

 

Defy se wasmasjienreeks is tegnologies toegerus met gerieflike en unieke oplossings, pasklaar vir elke marksegment gemaak. Hul tuimeldroërs bied ook ’n reeds gevorderde programme; van verfris tot kreukels voorkom, groot bondels uiters doeltreffend hanteer, ensovoorts.

 

 

Spaar op wasgoed was 

Beste energiebesparende kenmerk: Eco Wash 20˚C-program

(Die DAW372 kos tussen R3 999 en R4 499 in die kleinhandel)

 

’n A+ vir energiedoeltreffendheid word toegeken aan die DAW372-wasmasjien en dis verder toegerus met twee energiebesparende Eco Wash-programme wat elektrisiteitsverbruik help verminder.

Die Eco Wash 20˚C-program kan maklik 3.5 kilogram effens vuil of gevlekte klere teen 20˚C hanteer. Daarby bied die Cotton Eco 40˚C-program maksimum energie- en waterbesparing vir normale vuil katoen- en linnewasgoed.

 

 

Bespaar op droogmaak 

Beste energiebesparende kenmerk: energiegradering van – 30%

(Die DT315 kos tussen R5 999 en R6 499 in die kleinhandel)

 

Deur die tegnologie van lugversorgers en gekondenseerde droërs te kombineer, droog die DT315 Heat Pump Dryer jou wasgoed deur water uit die klere te kondenseer terwyl dit die minimum hoeveelheid energie gebruik.

Hierdie droërs is toegerus met die doeltreffendste droogtegnologie wat vandag beskikbaar is en ontvang in die kleinhandel ’n energiegradering van A – 30%, wat ’n verbetering van 30% op energiedoeltreffendheid van die A af verteenwoordig.

 

 

Defy is al langer as 100 jaar n getroue staatmaker in Suid-Afrikaners se huise. Omdat Defy altyd na uitstekende dienslewering streef, verstaan hulle die verhouding wat tussen n toestel en sy gebruiker ontwikkel. Vir meer inligting, besoek www.defy.co.za.  

 

 

V: Hoe dikwels was jy wasgoed?

Kliek hier vir wenke oor hoe om  water en elektrisiteit tuis te bespaar.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Belê só jou spaargeld

Selfs net ’n klein bietjie op ’n slag kan jou ver bring

Close