×
Skakel na Engels

Advertensie-promosie: Olies wat jy moet ken

Westfalia Avocado Oil-produkte is nie net gesond en veelsydig nie, dis ook wêreldwyd die wenners as dit kom by smaak

 

Avokado’s is volgepak met mono-onversadigde vette wat hulle ideaal maak vir olievervaardiging en boonop hartgesondheid bevorder. Om die olie te onttrek, word die skil en pit verwyder en die vlees dan in ‘n sentrifugale draaier geplaas om die olie, water en vastestowwe van mekaar te skei. Westfalia Avocado Oil is perfek om mee te kook.

 

Westfalia Organic Avocado Oil  Hierdie produk word onttrek uit avokado’s wat sonder sintetiese insekdoders en bemestingstowwe gekweek word. Dit word as organies gesertifiseer deur sowel die USDA se National Organic Program en die BCS Oko-garantie GmbH – wat albei deur die SA mark erken word.

 

Westfalia Avocado Oil chilli-flavoured infusion  Hierdie olie is matig genoeg om vir die meeste geregte gebruik te word, maar het steeds ‘n lekker byt. Probeer dit met roerbraaigeregte, kerries en marinades – sowel as sjokolade-en-brandrissie-nageregte!

 

Westfalia Avocado Oil herb-flavoured infusion  Hierdie produk is met ‘n verskeidenheid Mediterreense kruie gegeur en verrig wondere met vleis, as ‘n smeermiddel of om koeskoes, slaai of groente mee te bedruip.

 

Westfalia Avocado Oil lemon-flavoured infusion  Hierdie olie, wat met natuurlike suurlemoen gegeur is, is ideaal vir seekos, slaaie, marinades en suurlemoengebak.

 

Westfalia Plain Avocado Oil  ‘n Uitstekende vervanging vir sonneblom-, olyf- of kanola-olie. Gebruik dit vir souse, slaaisouse en doopsouse, sowel as vir gebak, rooster- en braaigeregte.

 

Westfalia Avocado Oil basil-flavoured infusion  Dis soos somer in ‘n bottel! Bedruip slaaie, koue soppe of vars aarbeie vrygewig daarmee. Of gebruik dit om pesto te maak.

 

Westfalia Avocado Oil garlic-flavoured infusion  Gebruik knoffelgeur-olie vir geroosterde aartappels en groente, of as ‘n gesonde alternatief vir knoffelbotter.

 

Kook met avokado-olie

Avokado-olie het ‘n gematigde smaak en is ‘n gesonder opsie om mee te kook. Wanneer party ander olies tot ‘n hoë temperatuur verhit word, kan die ‘goeie’ vette in skadelike transvette verander. Maar omdat avokado-olie so ‘n hoë rookpunt het (250 °C, wat hoër as dié van die meeste ander kookolies is), is dit veilig om vir braaigeregte te gebruik.

 

Hoe om avokado-olie te stoor

Soos enige natuurlike produk, kan avokado-olie beskadig word deur blootstelling aan suurstof en helder lig, wat die voedingstowwe kan vernietig en die geur kan aantas. Hou dit in ‘n koel, droë plek soos ‘n kas (nie die yskas nie) en weg van direkte sonlig.

 

Feit: Westfalia se avokado-olies word deur die Hartstigting onderskryf en is Halaal- en Kosjer-gesertifiseer.

 

 

 

 

 

Vir verdere inligting besoek www.westfaliafruit.comof stuur ʼn e-pos na enquiries@westfalia.co.za

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Advertensie-promosie: Philips AirFryer

Die revolusionêre Philips AirFryer vereis nie olie in die gaarmaakproses nie, wat dit moontlik maak om ʼn verskeidenheid kossoorte vining,...

Close