×
Skakel na Engels

Advertensie-promosie: Hoe veilig is jou huis?

Beskerm jouself en jou gesin teen inbrekers deur gereeld hierdie lys met veiligheidswenke na te gaan

 

Gaan gereeld die volgende na:

 

  1. Word elke buitedeur deur ’n veiligheidshek van goeie gehalte beskerm?
  2. Word elke venster wat kan oopmaak met ’n betroubare versperring beveilig? Moenie vergeet van dié vensters wat vir jou onbereikbaar lyk nie – inbrekers kan oral inkom! Word alle vaste vensterruite ook met versperrings beveilig? Misdadigers kan dit maklik en byna geluidloos uitsny.
  3. Is al jou versperrings nog in ’n goeie toestand? Roes en ouderdom kan outydse diefwering en veiligheidshekke laat verswak, wat hulle kwesbaar maak vir ’n goeie mikhou met ’n hamer.
  4. Is jou versperrings pasklaar vir jou spesifieke vensters en deure gemaak? Dis beter as om dit net so by die winkel te koop.
  5. Het jy jou verskaffer se sertifikasie, waarborge en naverkopediens nagegaan? Jy moet weet dat hulle jou sal bystaan met herstelwerk ná pogings tot inbraak, as jy las van roes het of nadat jy veranderinge aan die huis laat aanbring het.
  6. Het jy minstens een venster met versperrings wat oopgemaak kan word as jy tydens ’n noodsituasie moet ontsnap?
  7. Het jy onlangs jou huisalarm deur ’n tegnikus laat nagaan?
  8. Maak seker dat die buurtwag of gewapende reaksiemaatskappy nog jou alarmsein ontvang.

 

Vir meer inligting, besoek blog.trellidor.co.za

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Splinternuwe badkamer in 3 stappe

Eenvoudige veranderings wat selfdoeners kan aanpak

Close