×
Skakel na Engels

9 watertandresepte van Kersfees-oorskietkos

Probeer hierdie vinnige, slim resepte as jou yskas oorloop van al die oorskietkos.
oorskietkos

Kalkoen

Kalkoen-taco’s: Meng soetmielies, gekapte tamaties en gesnyde kalkoen. Sit voor in taco-skulpe.

Oosterse roerbraai: Soteer ’n teelepel gekapte gemmer en gekapte knoffel in ’n eetlepel olie. Voeg ’n pak bevrore groente by en laat dit vir 5 minute gaar word. Roer gesnyde hoender in en voeg ’n skeut sojasous by.

Geurige pitabroodjies: Meng kerriepoeier, ligte mayonnaise, gekapte seldery en gesnyde hoender. Sit voor in pitabrood wat effens gerooster is.

Kaas-en-kalkoen-quesadillas: Braai gekapte kalkoen, rooi soetrissie en rissie-vlokkies in ’n pan. Sit een tortilla in ’n skoon, kleefvrye pan en sprinkel die kalkoenmengsel en gerasperde mozzarella-kaas oor die helfte van die tortilla. Braai oor medium hitte, en vou die onbedekte helfte van die tortilla oor die mengsel. Draai dit om om dié kant warm te maak. Sit voor.

Rys

Vullende sop: Roer rys en babaspinasie by hoendersop in. Sprinkel gerasperde parmesaankaas oor.

Hasjee vir aandete: Soteer rys en gekapte sprietuie, ertjies en enige opgesnyde oorskietvleis van die Kersmaal.

Neuterige ontbyt: Verhit rys en sprinkel heuning en neute oor vir ’n oggendmaal.

Kerspoeding

Vrugtestrudel: Smeer gekrummelde Kerspoeding op uitgerolde skilferkorsdeeg. Rol dit op soos ’n Switserse rol. Verf die bokant met botter en bak by 180 °C vir sowat 20 minute tot goudbruin. Sprinkel versiersuiker oor en sit dit in skywe voor.

Dromerige roomys: Klits roomys in ’n vrugteverwerker tot glad. Voeg gekrummelde Kerspoeding by en roer liggies. Vries dit vir ongeveer twee uur. Giet Amarula bo-oor en sit voor.

FOTO: iStock/GMVozd

LEES OOK:

Heerlikste Kersfees-vleisvulsel

Klop Kersfeesstres

14 wenke vir ’n ekovriendelike Kersfees

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maklike amandel-toffiehappies

Maak hierdie soet lekkerny vir ’n wonderlike tuisgemaakte Kersgeskenk!

Close