×
Skakel na Engels

9 dinge wat jy nooit in die drein mag afgooi nie

Dink twee keer voordat jy hierdie items in die drein afgooi
drein

Om goed in die drein af te gooi is dalk op daardie oomblik gerieflik – maar net totdat jy ’n loodgieter se hulp moet inroep. Nog erger, jy kan in die proses ons riviere en oseane besoedel. Dink dus mooi voordat jy die volgende items in die drein afgooi:

1. Vet

Vet sit vas aan die binnekant van pype en kan dit uiteindelik verstop. Skraap vetterigheid altyd in die asblik uit voordat jy skottelgoed was. Dit sluit in die vet wat agterbly nadat jy vleis gaar gemaak het, asook kookolie, margarien en suiwelprodukte.

2. Pasta en rys 

Dié kossoorte sit uit wanneer dit nat word, ook wanneer jy dit in die drein afgooi. Onthou dat dit dikwels van semolinameel gemaak, wat klewerig word en pype maklik kan verstop.

3. Sade

Klein sade soos vlassaad sit vas waar pype draai en veroorsaak só blokkasies. 

4. Koffiemoer

Dit help dalk om slegte reuke te verbloem, maar volgens mnn.com sê loodgieters dat koffiemoer, benewens vetterigheid, die hoofoorsaak van verstopte pype is. 

5. Eierdoppe

Al word eierdoppe fyngemaak, is dit geneig om aan ander vuiligheid vas te kleef en tot verstopping te lei.

6. Papierhanddoeke

Anders as toiletpapier, wat spesiaal gemaak is om uiteindelik in water op te breek, kan papierhanddoeke heelwat meer vloeistowwe absorbeer.

7. Kondome

Dis waarskynlik van lateks gemaak wat vir seker nie in water sal oplos nie. Om die waarheid te sê sal dit waarskynlik eindelik in ’n oseaan beland waar dit die seelewe sal bedreig.

8. Skoonmaakmiddels

Dit bevat gewoonlik fosfate en antibakteriese middels wat skadelik vir water se ekostelsels kan wees.

9. Produkplakkers

Gooi daardie klein plakkers wat jy op vrugte en groente kry in die asblik. In afvoerpype sal dit aan die kante vassit en omdat dit so klein is, sal dit uiteindelik in’n rivier of die oseaan beland.

FOTO: iStock/Jevtic

LEES OOK:

10 goed wat jy moet weet oor die hergebruik van gryswater

6 maniere om in die kombuis water te bespaar

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vier Internasionale Koffiedag met Dunkin’ Donuts!

Dis Internasionale Koffiedag op 1 Oktober! Wat kan nou lekkerder wees as om dié dag met Dunkin' Donuts te vier?

Close