×
Skakel na Engels

8 wenke vir wanneer jy in die reën moet bestuur

Dis klein aanpassings wat ’n groot verskil kan maak … Deur Caira-Lee Durand
reën

Kaapstad het ’n dringende tekort aan water. Trouens, inwoners kan skaars onthou wanneer laas dit hier gereën het … Die goeie nuus is dat daar ’n paar buie voorspel is, en ons het dit goed gedink om jou geheue op te skerp oor hoe om veilig in nat toestande te bestuur. Hierdie wenke geld egter enige ander plek in die land.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Probeer om hierdie 8 eenvoudige punte onthou:

1. Dit is ’n goeie idee om voor die groot reëns ’n inspeksie van jou motor te doen. Gaan die bande, ligte en ruitveërs na om seker te maak dat jy gereed is wanneer die nat seisoen aanbreek.

2. Bestuur met jou hoofligte aan om sigbaarheid te verbeter.

3. Nat padoppervlakke kan maak dat bande hidroplaan (op ’n dun lagie water gly). Sorg dat daar ’n veilige afstand tussen jou en die voertuig voor jou is, aangesien dit jou motor ’n bietjie langer gaan neem om heeltemal tot stilstand te kom.

4. Wees wakker, want voetgangers en diere gaan haastig uit die koue en reën wil kom en kan sonder veel aarseling oor die pad hardloop.

5. Sorg dat jou foon gelaai is – die kanse op ’n botsing verhoog wanneer sigbaarheid deur slegte weer beïnvloed word. Jy gaan nodig hê om iemand te kontak indien ’n ongeluk plaasvind.

6. Om agter groot vragmotors te ry, beteken dat jy baie sproei van die wiele gaan kry. Sorg dat daar ’n groot afstand tussen jou en ’n vragmotor is en maak seker dat jy sy spieëltjies kan sien. Indien nie, kan die bestuurder jóú nie sien nie.

7. Dit klink voor die hand liggend, maar ry stadiger, veral om die hoeke. Sodoende het jy meer beheer oor jou motor.

8. Wanneer dit vir die eerste keer reën, kom die grond en aangepakte vuiligheid los van die pad. Bestuur ekstra versigtig, want dit maak die padoppervlak glad.

Wees in die algemeen ekstra versigtig op die pad wanneer dit eendeweer is!

Uit: WOW

FOTO: iStock/Willowpix

LEES OOK:

Wat jy moet weet as jy in ’n motorongeluk is terwyl jy vakansie hou

Só moet jy by ’n polisiepadblokkade optree

7 wenke om jou kinders te help om hul bestuurstoets te slaag

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe goed ken jy die liggies op jou motor se paneelbord?

Wat wil jou paneelbord vir jou sê? Deur Caira-Lee Durand

Close