×
Skakel na Engels

8 wenke oor hoe om vir die Swart Vrydag-uitverkopings voor te berei

Is jy gereed vir Swart Vrydag?!
black friday

Vrydag 24 November 2017 is Swart Vrydag. Hierdie inkopiedag het sy oorsprong in die VSA en het die laaste paar jaar ook in Suid-Afrika gewild geraak. Klyne Maharaj, die handelsmerkhoof van Superbalist.com, sê: “Suid-Afrikaners het vinnig touwys geraak wat dié dag betref, maar hulle het nog baie om te leer.” Hier is agt wenke van Superbalist wat jou sal help om 100% voorbereid te wees:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

1. Stel ’n wekker

Die meeste aanlyn winkels se uitverkopings begin al om middernag. Stel ’n wekker vir 23:45 sodat jy voor in die koor vir inkopies kan wees. Maak ook seker jy het genoeg data voordat jy aanlyn gaan – jy wil nie afgesny word net voordat jy op “PAY NOW” kliek nie.

2. Maak vooraf ’n wenslysie

Besoek al jou gunsteling-webwerwe voor die 24ste November en maak ’n wenslysie van goed wat jy graag wil koop. Wanneer jy dan op die dag aanlyn gaan, gaan kyk eers of daardie artikels op uitverkoping is. Só sal jy hope tyd spaar. 

3. Hou jou gunstelingwinkels dop

Teken in op die nuusbriewe van al jou geliefkoosde aanlyn asook fisieke winkels of begin ’n WhatsApp-groep met jou vriendinne waarin julle nuus oor uitverkopings deel. Die meeste handelaars sou reeds van 1 November af hul spesiale aanbiedings begin deel het.

4. Beplan jou inkopiedag

Beplan saam met jou vriende en/of familie hoe julle hierdie chaotiese dag gaan benader. Dis die beste om met aanlyn kopies weg te trek, want webwinkels is “rustiger” en dis makliker om jou weg te vind in vergelyking met oorvol fisieke winkels. Wanneer jy wel later winkels toe gaan, neem ’n betroubare vriendin saam sodat julle mekaar in die lang rye kan afwissel. Maak seker jy het ’n lysie van die winkels wat jy wil besoek sodat jou aandag nie deur ander aanbiedinge afgetrek word nie.

5. Kyk of jou rekeningbesonderhede reg is

Maak seker jou besonderhede vir aanlyn winkels (soos jou bankbesonderhede en afleweringsadres) is korrek. Jy wil nie hê jou splinternuwe rokkie moet in die pos verlore raak nie! As jy meer as een bankrekening het, maak dubbel seker van elke rekening se daaglikse limiet en maak die nodige verstellings voordat jy begin koop. 

6. Laai die app af

As jou geliefkoosde winkels ’n app het, laai dit onmiddelik af. Dit sal dit vir jou makliker maak om aanlyn inkopies te doen en jy sal boonop kennisgewings van afslag en ander aanbiedings kry. Die meeste apps bied ook hul eie spesiale aanbiedings en gratis aflewering aan mense wat die app vir die eerste keer gebruik.

7. Vind uit hoe die teruggeebeleid werk

Hoewel die meeste winkels jou toelaat om uitverkopingsaankope terug te gee, is dit altyd veilig om te kyk of jy genoeg tyd sal hê om ’n artikel terug te gee wat jy op die ingewing van die oomblik gekoop het.

8. Hou by jou begroting

Dis maklik om oorboord te gaan wanneer jy iets sien waarvan jy baie hou, maar nie noodwendig nou nodig het nie – voor jy jou oë uitvee, koop jy sommer vir die volgende drie Kersfeeste! Stel ’n streng begroting op en probeer baie hard om daarby te hou.

Foto:  iStock/FrozenShutter

LEES OOK:

Die 5 beste kos-fabriekswinkels in Kaapstad

Inkopies en vermaak vir die hele gesin

10 beste aanlyn winkels vir Kersinkopies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Yuppiechef open sy eerste fisieke winkel op 1 Oktober

Goeie nuus vir tuisteskepppers!

Close