×
Skakel na Engels

8 vrolike en funky skoolbenodighede

Maak dit lekker om terug te gaan!
back to school

Dis dié tyd van die jaar wanneer Kersversierings en feetjieliggies in supermarkte oor die land heen met stapels kosblikke, rye skooltasse en rakke vol skryfbehoeftes vervang word. Ja, ons weet jy het skaars die seesand van jou voete afgevee, maar dis tyd om daai terug-skool-toe-lysie op te stel. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Min dinge maak kinders so opgewonde soos nuwe goed (al is dit “skoolgoed”!). Aan die ander kant is dit nooit maklik om vakansievryheid vir die terug-skool-toe-roetine te verruil nie. Maak dit ’n bietjie makliker met hierdie fantastiese skoolkopies wat nie jou sak sal ruk nie. 

 

1. ’n Verpersoonlikte rugsak

’n Macaroon-rugsak is die ideale verpersoonlikte geskenk vir ’n ampertiener of tiener. Hierdie gehalte-skoolsak is in ses kleure beskikbaar. Dit het toeritskompartemente, ’n maaskantsakkie vir ’n waterbottel, verstelbare skouerbande met ’n ekstra handvatsel, en kan met ’n goue glansafwerking of gekleurde viniel verpersoonlik word. 

Verpersoonlikte rugsak in Footloose Hot Pink / R350 van Macaroon

 

2. ’n Vrolike sakrekenaar

Vrolik jou kind se dag op met hierdie helderpienk wetenskap-sakrekenaar. (Ook in blou beskikbaar.) Kenmerke sluit in ’n sleutel vir vorige antwoorde vir rekursiewe funksies, nege onthoufunksies, ewekansige heelgetalle vir statistieke, en veel meer!

 

Casio FX-82 ZA Plus se wetenskap-sakrekenaar in pienk / R199 van Takealot

 

3. (Amper) opvreetbare uitveërs

Hierdie klein lekkerny-uitveërs is een manier om huiswerk minder pynlik te maak!

Stel van ses lekkerny-uitveërs / R49,99 van MRP Home

 

4. ’n Super-oulike skerpmaker

Een van hierdie dierbare skerpmakers sal ’n prettige element by jou kind se skryfbehoeftes voeg.

Varkie-/Flaminkskerpmaker/ R49,99 elk van MRP Home

 

5. ’n Verpersoonlikte aantekeningboek

Macaroon se verpersoonlikte Whoop Whoop-skryf- en notaboeke is in A4- en A5-groottes beskikbaar. Dit is die ideale geskenk vir ’n besige of kreatiewe tiener.

Whoop Whoop-notaboek – Bright Ideas / R270 van Macaroon

 

6. ’n Stel reënboog-glimpenne

Met hierdie stel van vier glimpenne sal jy sal jou ouerlike aansien ’n hele paar vlakke laat styg!

Reënboog-glimpenstel / R79,99 van MRP Home

 

7. ’n Funky koelsak

Hierdie tropies geïnspireerde koelsak sal sorg dat jou kind se snoepgoed en koeldrank heeldag vars bly.

 

 

Klein tropiese koelsak / R99,99 van MRP Home

 

8. ’n Parmantige pennesakkie

Jou tiener sal gaande wees oor hierdie toeritssakkie waarin sy haar skryfbehoeftes kan netjies hou. En teen hierdie prys is dit ’n absolute moet!

Heartbreaker-pennesakkie / R29,99 van MRP Home

 

Hooffoto: iStock/Steve Debenport 

LEES OOK:

Hoe om stinkerige skoolsakke skoon te maak

10 terug-skool-toe-wenke vir jou kinders

7 wenke om jou kinders te help om hul bestuurstoets te slaag

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 terug-skool-toe-produkte vir jou kinders se skoene

Maak seker jou kind sit sy beste voetjie(s) dié skooljaar voor!

Close