×
Skakel na Engels

8 vlegselidees uit Hollywood

Van Franse tot visgraatvlegsels
vlegsel

Die perfekte vlegsel kan ’n maklike “bykomstigheid” vir die dag of aand wees. Hier is ’n paar selebs wie se vlegselidees ons wil steel!

1. Tracee Ellis Ross: Hollandse of bokservlegsels

Embed from Getty Images

Dis tans die gewildste vlegselstyl en dis ideaal vir ’n sjiek dog informele voorkoms. Dit is ook nommerpas vir aktiewe vroue wat nie kort-kort hul hare uit hul gesig wil vee terwyl hulle opsitte doen nie.

2. Sarah Jessica Parker: Gevlegte ballerinabolla

Embed from Getty Images

Dié styl is net so klassiek soos SJP self! Dit sal jou voorkoms vir ’n spesiale geleentheid of ’n spoggerige partytjie perfek afrond.

3. Solange Knowles: Ekstra lang bokservlegsels

Embed from Getty Images

Hierdie styl is ideaal vir diegene wat nie soggens daardie ekstra 20 minute het om hul hare droog te blaas nie. Dit verg min moeite en bly lank mooi.

4. Nina Dobrev: Kantvlegsels

Embed from Getty Images

Klein kantvlegsels is ideaal as jy nog aan die idee van vlegsels vir volwassenes gewoond raak … Dis ’n vinnige, maklike en modieuse manier om jou hare uit jou gesig te hou.

5. Laverne Cox: Visgraatvlegsel

Embed from Getty Images

Hierdie vlegsel lyk dalk moeilik en asof dit baie tydrowend kan wees, maar dis verbasend maklik en sal gou een van jou gunstelinghaarstyle vir haastige oggende word, veral as jy lang hare het. Om ’n visgraatvlegsel te maak, verdeel jou poniestert in twee dele.

Hou een deel vas; neem met jou ander hand ’n smal strook hare van die buitekant van die tweede deel en bring dit oor na die deel in jou hand. Herhaal dié oor-en-weer-gevleg totdat jy met die voorkoms tevrede is.

6. Lucy Liu: Franse vlegsel vir ’n kuif

Embed from Getty Images

As jy ’n kuif het, ken jy dié stryd: Sodra die temperatuur 30 ° bereik, verander daardie mooi kuif in ’n klewerige gemors wat aan jou voorkop plak. Vleg jou kuif in ’n Franse vlegsel om dit uit jou gesig te hou en boonop sjiek te lyk.

7. Beyoncé Knowles: Los kantvlegsel

Embed from Getty Images

Hierdie styl is jou kopvel genadig en boonop regtig maklik. Verdeel jou hare in drie dele en maak ’n los kantvlegsel wanneer jou los hare jou ook al pla. 

8. Jennifer Lawrence: Gevlegte kroon

 Embed from Getty Images

’n Gevlegte kroon lyk nie net mooi nie, maar dit kan vir die dag of aand, formeel of informeel aangepas word.

FOTO: iStock/AleksandarNakic

LEES OOK:

4 goed wat alle vroue oor 40 van hul hare moet weet

Alles wat jy moet weet om jou hare tuis te kleur

Hoe om jou haarlyn in stand te hou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die voor- en nadele van haarverlengings

Dit was nog nooit so maklik om kort hare lank te kry nie

Close