×
Skakel na Engels

8 van die beste vloeibare lipstiffies om dié somer te probeer

Waarvoor wag jy?
vloeibare lipstiffies

Jou grimeerroetine moet ook volgens die seisoene aangepas word en ’n vloeibare lipstiffie is net die ding om jou in ’n somerse luim te kry. Hierdie lipstiffieformule is nou groot nuus, en met rede: Met soveel opsies, van hoëglans tot mat en metaalkleur, verdien die vloeibare lipstiffie beslis ’n oomblik in die kollig.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Laat al die opsies en kleure jou oorweldig voel? Hier is agt van ons gunsteling om jou ’n bietjie te inspireer:

1. Catrice Cosmetics Velvet Matt Lip Cream

Dié liproom het ’n langblywende afwerking, maar laat jou lippe gevoed eerder as droog voel. 

2. NYX Professional Makeup Liquid Suede Cream Lipstick

Hierdie lipstiffie bevat avokado-olie en vitamien E. Jy sal ver moet soek vir ’n luukser vloeibare lipstiffie as dié een! 

Lees ook: Watter kleur lipstiffie pas jou? Voltooi gou hierdie vraelys

3. Maybelline Vivid Hot Lacquer

As jy van ’n glans- eerder as ’n mat afwerking hou, is hierdie lipstiffie van Maybelline net wat jy in jou grimeersakkie nodig het. 

4. Yardley Stayfast Liquid Matte Vinyl Lip Gloss

Dié produk wend soos ’n lipglans aan, maar het die langblywende uitwerking van ’n lipstiffie en ’n indrukwekkende hoëdefinisie-kleur.

5. Smashbox Always On Matte Liquid Lipstick

Sy naam is nie verniet “Always On” nie – hierdie lipstiffie het omtrent kleefkrag! Dit voel boonop baie gemaklik op jou lippe.  

6. Revlon Ultra HD Matte Lipcolor

Hierdie lipstiffie is in verskeie helder kleure beskikbaar, het ’n gladde fluweelagtige afwerking en voel heerlik lig op jou lippe.

Lees ook: 5 wenke vir volmaakte lipstiffie, keer op keer

7. Clinique Pop Lacquer Lip Colour + Primer

Net een laag gee jou volledige bedekking en ’n smeulende hoëglans-kleur wat vir ses uur hou, en dit wend boonop soos ’n droom aan!

8. Woolworths Liquid Matte Lipstick

Hierdie hoogs gepigmenteerde formule is in neutrale, asook byderwetse skakerings beskikbaar. Daar is dus iets vir almal! 

FOTO: iStock/svetikd

LEES OOK:

Laat jou lipstiffie jou oud lyk?

3 maklike maniere om jou lipstiffie mat te laat lyk

6 maniere om jou helder lipstiffie te laat hou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ons 5 topparfuums vir die lente

Ruik hierdie seisoen so vars soos ’n lentebriesie!

Close