×
Skakel na Engels

8 skoonheidswenke van vroue bo 40

Ouderdom is regtig net ’n syfer. Deur Katelyn Lunders
skoonheidswenke

1. Selfvertroue gee die deurslag

2. Beskerm jou vel

Vir Jennifer Chow, medestigter van Nurture Life in die VSA, gaan dit op 41 uit en uit oor sonbeskerming. “Ek dra elke dag sonskerm,” sê sy. “Ek wens net ek het vroeër begin!”

3. Aksentueer jou oë

Die Amerikaanse skoonheidsblogger Angie Schmitt (54) sê haar geheime skoonheidswapen is swart oogomlyner. “Dit verrig wondere om my oë wakkerder en jeugdiger te laat lyk,” sê sy. “Ek gebruik ’n sagte potlood om ’n dun lyntjie teen my boonste wimpers te trek. Dan herhaal ek dit met ’n vloeibare formule vir meer definisie.”

4. Raak ontslae van pofferigheid

“Wanneer my gesig pofferig is, hou ek ’n klam, warm lappie teen my gesig,” sê Diane Latiker (60), stigter van Kids off the Block in Amerika. “Dit streel my geswelde oë en laat my lyntjies sagter vertoon.” Diane meng bruine en neutrale kleure op haar ooglede om hulle fermer te laat lyk.

Lees: Pluk jy aan jou vel? Dis meer as net ’n slegte gewoonte

5. Moenie van velsorg vergeet nie

“Ek was in die verlede so gefokus op ander prioriteite dat ek nie regtig by selfsorg uitgekom het nie,” sê Norma Intraigo (46), ’n Amerikaanse fondsinsamelaar vir organisasies sonder winsbejag. “Nou het ek ’n velsorgroetine en dit maak my gelukkig.”

6. Maak gesonde keuses

“Ek eet gesond en bly fiks; dus is ek nie so bekommerd oor die res nie,” sê Beth Patterson Masters (58), wat ’n beursfonds vir kinders bestuur. “Om vol energie te wees help my om van druk ontslae te raak.”

7. Maak tyd om te bevogtig

Die Amerikaanse dokter Deborah Lindner sê bevogtiging hou haar jonk. Sy gebruik ’n sagwerkende vogroom met retinol wat velveroudering teëwerk en ’n lipbalsem met SBF om haar lippe te bevogtig en teen die son te beskerm. 

8. Kyk mooi na jouself

“Selfversorging is absoluut deurslaggewend,” se Renata Joy (60), stigter van Pure Joy Wellness in Amerika. “Alles is so ’n gejaag en ons maak nie tyd vir onsself nie. Ek dink dit is belangrik om af en toe tot rus te kom en jouself te pamperlang.”

Uit: Good Housekeeping US

FOTO: iStock/wundervisuals

LEES OOK:

Die organiese skoonheidshandelsname wat jou sal oorreed om “groen” te gaan

Die beste kopies vir ’n skoonheidslapie wat wérk

Hierdie albino-vrou se kommentaar oor Rihanna se Fenty Beauty-grimeerreeks het soos ’n veldbrand versprei

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Pluk jy aan jou vel? Dis meer as net ’n slegte gewoonte

Dermatillomanie: Hoe jou angstigheid jou vel kan beïnvloed

Close