×
Skakel na Engels

8 oogskaduwenke van grimeerkunstenaars

Wend oogskadu só eksie-perfeksie aan
oogskaduwenke

Hulle sê jou oë is die vensters na jou siel, en daarom is dit so belangrik om oogskadu reg aan te wend. Hier is ’n paar praktiese wenke van grimeerkunstenaars wat jou oë ekstratreffend sal laat lyk.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

1. Die regte gereedskap is belangriker as wat jy dalk dink. Om oogskadu foutloos aan te wend het jy twee borseltjies nodig: een vir aanwending en een vir inskakering. 

2. ’n Basislaag sal help dat jou grimering langer aanbly en ook om fyn lyntjies te vul. Maak jou ooglid met miselwater skoon, wend jou basislaag en laat dit droog word.  

3. As jy roomoogskadu gebruik, wend dit op die middel van jou ooglid met jou vingers of ’n sagte borsel aan. Neem dan ’n skoon borseltjie en versag enige rande of lyne vir ’n egalige effek.

4. As jou vel tekens van veroudering toon, is dit beter om ’n oogskadu met ’n mat afwerking te kies. Glimmende oogskadu is geneig om fyn lyne om die ooggedeelte te beklemtoon. 

Lees: Keer dat jou ooggrimering jou ouer laat lyk met wenke van Adele se grimeerkunstenaar

5. Dis ’n goeie idee om jou ooggrimering eerste aan te wend, selfs voor jou onderlaag. Dit beteken jy kan enige grimering wat op jou gesig val, skoonmaak sonder om die res van jou voorkoms te bederf.

6. As jy wil hê die kleur van jou oogskadu moet werklik uitstaan, gebruik eers ’n wit oogpotlood op jou ooglid. Skakeer dit dan oor jou ooglid in en wend laastens jou oogskadu aan.

7. Belê in ’n mat bruin oogskadu. Dié kleur vlei die meeste veltone, is geweldig veelsydig en kan boonop as ’n gesigvebronser vir kontoergrimering dien.  

8. Verstaan jou kleurpalet: Die ligste kleur werk gewoonlik die beste om jou wenkbroubeen mee te beklemtoon, die middelste skakering lyk goed op jou ooglid, en die donkerste kleur moet in die oogvou aangewend word. 

FOTO: iStock/InnerVisionPRO

LEES OOK:

Hoe om ’n wimperkruller te gebruik

6 vinnige grimeerkunsies van die kenners

7 verrassende redes hoekom jy donker kringe onder jou oë het

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 bestanddele van skoonheidsprodukte wat swanger vroue moet vermy

Voorsorg is beter as nasorg

Close