×
Skakel na Engels

8 maniere om veilig met kinders te bestuur

Hoe om jou kosbaarste besitting veilig te vervoer … Deur Caira-Lee Durand
kinders

Jou kinders is jou kosbaarste besittings en wanneer hulle saam met jou in die motor is, verg dit ekstra en spesiale sorg om te verseker dat almal gelukkig en veilig is. Om saam met kinders te reis kan vir almal pret wees. Maar hulle veiligheid op die pad is ’n bykomende verantwoordelikheid en vereis ’n bietjie ekstra moeite en beskermingsmaatreëls van jou as ouer.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Alhoewel jy nie beheer het oor wat ander bestuurders doen nie, kan jy seker maak dat die kinders in jóú motor veilig is. Dit kan egter veeleisend (en gevaarlik) wees om jou aandag tussen die pad en die kinders te verdeel, veral as jy alleen saam met hulle ry.

Hier is ’n paar wenke oor hoe om jou jong passasiers se veiligheid te verseker, vir enige rit op enige ouderdom:

1. Weet waar om hulle te laat sit

Om veilig saam met kinders te ry, vereis strategie. Dit is nie net wetenskaplik bewys nie, maar word ook deur die wet afgedwing. In die Filippyne word die riglyne oor waar kinders moet sit, op elke hoofpad en snelweg gevolg. Dit dwing ouers om motorstoeltjies aan te skaf en reg te gebruik. Kinders moet tot op twaalfjarige ouderdom in ’n goeie motorstoeltjie, of vasgegordel, op die agterste sitplek ry.

2. Gordel hulle vas

Hierdie een is vanselfsprekend. Almal – nie net kinders nie – behoort altyd ’n sitplekgordel te dra wanneer hulle in ’n motor ry. Ons sien keer op keer in nuusberigte, rolprente en televisieprogramme hoe ’n gordel die streep tussen lewe en dood kan trek. Om sonder ’n gordel te ry stel nie net jou lewe in gevaar nie, maar beteken ook dat jy die wet oortree.

3. Moenie met een op jou skoot ry nie

Kinders geniet dit om op ’n grootmens se skoot te sit. Maar kenners raai dit sterk af, want ’n ongeluk kan hul lewe kos. 

4. Sorg dat alles vas is

Om ’n motorstoeltjie te hê en jou veiligheidsgordel te dra beteken niks as jy dit nie vasmaak of as daar enige los goed in jou motor rondlê nie. Gedurende ’n motorbotsing kan hierdie voorwerpe aan die rempedale vashaak, of gevaarlike projektiele vir jou en jou kinders word.

Verder is dit taboe om items wat enigsins swaar is op die bagasierak agter die agtersitplekke te pak. Sorg ook dat daar nie los items in jou kattebak rondlê nie – bind of maak dit vas. 

Lees ook: 7 wenke om jou kinders te help om hul bestuurstoets te slaag

5. Jou kinders moet die reëls ken

As ouer is dit jou taak om jou kinders te laat verstaan dat motorry ernstige sake is. Vra hulle om stil en rustig te bly wanneer jy bestuur. Maak seker hulle weet hoe belangrik dit is om op die agtersitplek te sit en dat hulle daarop moet aandring as hulle saam met iemand ry wat nie die reëls ken nie.

Om die reëls op ’n manier oor te dra wat hulle verstaan is beter as ’n “Want ék sê so”.

6. Moet hulle nooit sonder toesig laat nie

Kinders mag nooit alleen in of om motors gelaat word nie. Enige ouer behoort dit te weet. Jy dink dalk nie veel daarvan om hulle vir ’n paar minute in die motor te laat wag nie, maar om kinders alleen in ’n motor te los, selfs net vir ’n paar minute, kan gevaarlik en selfs noodlottig wees. 

Het jy geweet dat kinders al in warm en koue motors dood is? En op sekere plekke is dit eenvoudig te gevaarlik om kinders alleen te los en kan dit selfs rampspoedige gevolge hê. 

7. Moenie teksboodskappe tik terwyl jy bestuur nie

Om veilig te bestuur is vanselfsprekend jou grootste verantwoordelikheid; moet dus nooit teksboodskappe skryf terwyl jy bestuur nie. In die eerste plek stel dit almal in gevaar, en tweedens leer dit jou kinders ook slegte gewoontes. Kinders is geneig om te doen wat hulle hul ouers sien doen.

8. Neem motorversekering uit

Vir ouers is daar niks so belangrik soos die veiligheid, gerief en gemak van hulle kinders nie, veral wanneer hulle op pad is. Dit is sag gestel om te sê dat gevare ’n alledaagse realiteit is. Ongelukke – in  alle vorms en groottes, kan enige tyd met enige iemand gebeur.  

Agter die stuur is jy aan allerhande risiko’s blootgestel waaroor jy geen beheer het nie. Daarom is dit belangrik om seker te maak dat jy omvattende motorversekering het wat in al jou gesin se behoeftes voorsien.

Uit: WOW

FOTO: iStock/Imgorthand

LEES OOK:

Gids tot bestuursveiligheid gedurende sonop en sononder

Leer hoe om ’n wiel te ruil met hierdie vinnige en maklike stappe

7 beproefde maniere om veilig in die donker te bestuur

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
My oorgangsverhaal – Luke (13): “My oorgang van ’n meisie na ’n seun was bevrydend”

Vir Luke (13) was die oorgang lewensveranderend en bevrydend

Close