×
Skakel na Engels

8 kosse wat jy verkeerdelik gedink het laag in koolhidrate is

Hierdie kosse is so te sê gelyk aan ’n bord pasta. Deur Sarah Weinberg.
laag in koolhidrate

Die eerste ding wat gewoonlik by ons opkom wanneer ons aan koolhidrate dink, is brood. Daar is egter baie ander onverwagse kossoorte wat net soveel gram koolhidrate as brood bevat, indien nie meer nie. Wees op die uitkyk na die volgendes:

1. Sap

Die meeste sappe is baie hoog in vinnigverterende koolhidrate. ’n Koppie lemoensap kan ongeveer 30 gram koolhidrate bevat.

2. Rosyne

’n Klein, beskeie pakkie van hierdie outjies bevat 34 gram koolhidrate.

Lees: Die beste kos om voor en ná oefening te eet

3. Suikervrye soetgoed

Alhoewel dit sonder suiker is, bevat sekere lekkers wel koolhidrate aangesien baie maatskappye van maltodekstrien as vuller gebruik maak, ‘n komplekse koolhidraat wat van stysel afkomstig is.

4. Quinoa

Danksy hierdie skyngraan se hoë proteïen- en veseltelling is dit ’n goeie alternatief vir brood, maar dit bevat steeds 39 gram koolhidrate per koppie.

Lees: 7 “ongesonde” kosse wat voedingkundiges eet

5. Mengeldrankies

’n Jenewer met kinawater of rum en coke kan jou enige iets van 16 tot 39 koolhidrate per drankie “ryker” maak.

6. Jogurt

As jy ’n gegeurde jogurt hoog in suiker kies, loop jy die gevaar om meer as 40 koolhidrate per 227 gram per porsie in te neem.

Lees: Die vrugteskaal: hoog en laag in suiker

7. Tamatiesous

Een koppie kan meer as 20 gram koolhidrate bevat.

8. Glutenvrye kosse

Mense verwar dikwels glutenvry met koolhidraatvry, maar dit is nie die geval nie. Ongelukkig kan glutenvrye pastas, brode en grane net soveel koolhidrate as dié met gluten bevat.

Van: goodhousekeeping.com

FOTO: iStock/CentralITAlliance

LEES OOK:

Laekoolhidraat-maaltye

Spysverteringskwessies wat jou gewig beïnvloed

Laevet- vs. laekoolhidraatdiëte: Wat werk beter vir gewigsverlies?

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief