×
Skakel na Engels

8 groot-genoeg-vir-alles-handsakke vir onder R250

Pragtig + prakties = ons gunsteling-kombinasie!

Dit bly ’n gunsteling-speletjie – om vroue te vra wat in hulle handsakke is. Aangesien ons vir enigiets gereed moet wees  van ’n koffie-ongeluk by die werk tot ’n pap wiel op pad skool toe – is die meeste vroue se handsakke belaai met ’n uiteenlopende kombinasie van items (dink klamlappies, ekstra klere, flits, energiestafies, kragbank, kitsnoedels).

Voeg daarby die gewone handsak-artikels soos sleutels, ’n beursie en ’n foon, en dis duidelik waarom die meeste van ons ’n Mary Poppins-handsak benodig. Dus stel ons bekend: die “inkopie”-handsak  dis mooi, dis prakties en dis groot! Ons het ’n paar van ons gunstelinge onder R250 vir jou uitgekies. Dis ’n plesier! 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

#1 Ons is dol oor die klassieke wit-en-swart voorkoms van hierdie sak

Tweekleure inkopie-handsak | Style Republic by Spree | R199

#2 Die geblomde borduurwerk rond hierdie ligte sak lieflik af

Geblomde inkopiesak | MRP | R120

#3 Die kleiner sakkies aan die buitekant van dié wit handsak is ideaal vir jou sleutels en foon

Wit handsak met ritsdetail op sak| Legit by Zando | R199

#4 Die dekoratiewe detail aan die slot sal ’n tikkie sofistikasie aan jou voorkoms verleen

Tamara-medium sak | Dailyfriday by Superbalist | R249

#5 Ons is verlief op hierdie gestreepte sak! Die prettige rooi afwerking sal enige uitrusting ophelder

Gestreepte handsak | MRP | R160

#6 Jy kan nie fout gaan met ’n klassieke handsak nie. Die valletjiedetail aan die kant sorg vir ’n vroulike gevoel

Handsak met valle | MRP | R99,99

#7 Met dié funky inkopiesak is jy reg vir die strand én kantoor. Dit is ook beskikbaar in swart en silwer

Bedrukte handsak in goud | Joy Collectables by Spree | R199

#8 Die kwiltdetail en metaalafwerking maak van ’n so-so sak ’n o-so-sjiek bykomstigheid! Vuilpienk is boonop hoogmode

Deurgestikte handsak | MRP | R140

FOTO: Spree

LEES OOK:

Weet jy wat jou handsak omtrent jou sê? 

Hoe skoon is jou handsak?

Vyf moet-hê-skoonheidskopies vir jou handsak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hou jou suède-artikels mooi in 6 maklike stappe

Kom winter of somer, jy moet weet hoe om jou suède-items in die allerbeste toestand te hou

Close