×
Skakel na Engels

7 wonderlike produkte vir natuurlike krulhare

Hou jou krulle op hul mooiste!
natuurlike krulhare

Met die somer reeds op die drumpel gaan jy die beste produkte nodig hê om met glansende, los krulle te spog. Ons het ʼn lys produkte saamgestel wat spesiaal vir natuurlik krullerige hare gemaak is. 

1. Shea Moisture: Jamaican Black Castor Oil Leave-in Conditioner

R239,95

Alle Shea Moisture-produkte het ’n galambotterbasis wat vog in beskadigde, bros hare terugplaas, die kroeserigheid verwyder en krulle definieer. Hierdie opknapper seël jou hare se vog in en definieer natuurlike krulle.

2. Aunt Jackie’s Curls & Coils Curl La La Defining Curl Custard

R65,95

Aunt Jackie’s se produkte is geskik vir alle haartipes en is daarop gerig om natuurlik gesonde hare te versorg in plaas daarvan om van hitte en skerp chemikaliee gebruik te maak. Die Curl La La Defining Curl Custard is wonderlik om krulle te definieer en kan ook gebruik word om hare te ontkoek. 

3. Cantu Shea Butter for Natural Hair Sulfate-free Hydrating Cream Conditioner

R199,95

Cantu se produkte is daarop gemik om natuurlike hare te voed en bied langwerkende beskerming. Hierdie opknapper se formule bevogtig droë, bros hare en voorkom gesplete punte. Gebruik dit vir sterker, gesonder en bevogtigde hare.

4. My Natural Hair Strengthening Oil

R99,95

My Natural Hair-produkte word van ’n mengsel van natuurlike olies gemaak wat natuurlike haargroei sonder die gebruik van chemikalieë bevorder. Hierdie versterkende olie is wonderlik vir die inseël van vog en versag jou hare ná elke was. 

5. Design Essentials Natural Coconut & Monoi Coconut Milk Leave-in Nourisher

R229,95

Design Essentials se produkte is geformuleer om die voorkoms en gevoel van jou hare met natuurlike bestanddele te verbeter. Die Coconut & Monoi Coconut Milk Leave-in Nourisher is ’n sproei wat kutikels seël om ekstra beskerming tydens stilering te bied.

6. Palmer’s Coconut Oil Formula Hair Milk Smoothie

R67,95

Palmer’s se produkte is bekend vir hul bevogtigende eienskappe. Die Hair Milk Smoothie is ideaal vir die herstel van beskadigde en droë hare, veral nadat jou hare lank in vlegseltjies was. 

7. AfroBotanics Makeda Twist, Curl & Define Cream

R63,95

Hierdie trots Suid-Afrikaanse produk is met die oog op die plaaslike klimaat gemaak en bevat natuurlike olies en opknappingsmiddels wat uit botaniese bronne verkry is. Die Twist, Curl & Define Cream is ideaal vir aanwending voordat jy in die bed klim.

Al hierdie produkte is by Clicks-winkels landwyd beskikbaar. 

FOTO: iStock/UberImages

LEES OOK:

8 wenke vir pragtige etniese hare

Die voor- en nadele van haarverlengings

Hoe om jou haarlyn in stand te hou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief