×
Skakel na Engels

7 wenke vir ’n makliker oorgang na veganisme

Jy kan dit doen! Deur Isabella Silvers
veganisme

Die gedagte om vleis, vis, suiwel en enige ander dierebyprodukte uit jou dieet te sny, klink dalk meer vreesaanjaend as doenbaar. Maar ontspan – hierdie wenke sal die verandering sagter op jou gestel maak. Van kosvoorbereiding tot veganistiese plaasvervangers, hier is sewe kennerwenke oor hoe om die oorgang net ’n rapsie bietjie makliker te maak.

1. Eet meer

As jy jou omnivoor dieet vir ’n veganistiese leefwyse verruil, kan dit moeilik wees om jou proporsies reg te kry. ’n Gebrek aan proteïene kan maak dat jy vinniger honger raak. Lyz Swanton, medestigter en hoofbedryfsbeampte van die nuwe voedseltegnologie-onderneming Feedr in Brittanje, stel voor dat jy jou etes met bone, neute en peulvrugte aanvul om langer versadig te bly.

As jy steeds na ’n middernaglike happie smag, sê Nutella Tasha, ’n suiwelvrye blogskrywer, dat nuwe veganiste nie moet sleg voel om meer te eet nie: “Gee jou liggaam tyd om aan die verandering gewoond te raak en luister na wat hy wil hê. As jy in die aand honger voel, eet ’n vrug of ’n snytjie roosterbrood”. Gebruik bloot veganistiese botter.

2. Maak ’n veganistiese weergawe van jou gunsteling-maaltyd

Om veganisties te wees, maak jou dalk lus om met opwindende nuwe geregte te eksperimenteer, maar dit gaan aanvanklik dalk makliker wees om jou gunsteling-maaltye aan te pas. Jane Land, medestigter van die liefdadigheidsorganisasie Veganuary, identifiseer herderspastei, wors en kapokaartappels, pizza, fajitas, kerrie, oondgeregte en pasta as geregte wat maklik aangepas kan word deur van veganistiese vleise en kase gebruik te maak.

As jy eers die basiese beginsels onder die knie het, kan jy met geure en teksture begin eksperimenteer. En moenie dink jy sal hoog en laag na veganistiese bestanddele hoef te soek nie; probeer om eierpasta vir ’n veganistiese alternatief te verruil.

3. Koop reg

Voordat jy jou finaal tot veganisme verbind, moet jy sorg dat daar genoeg veganistiese plaasvervangers vir stapelvoedsels in jou kombuis is (en gaan kyk hoeveel produkte wat reeds in jou huis is, “toevallig” veganistiese produkte is). Delphine Chui, mede-eienaar van die Britse organiese skoonheidsblog FToxins, het botter met organiese sonneblomsaad, en melk met alternatiewe soos amandelolie, vervang. As die basiese produkte eers byderhand is, sal dit makliker wees om met jou nuwe dieet weg te val.

Sonal Shah, lid van Nutritionist Resource in Brittanje, beveel ook aan dat jy jou koskaste met geblikte boontjies, donker blaargroente, vars vrugte, neute, brood, hummus, suiwelvrye donker sjokolade en neutbotters aanvul.

Lees ook: Eet dít om beter te slaap

4. Sluit by ’n ondersteuningsgroep aan

As jy nie aan ’n opwindende veganistiese gereg kan dink nie of net wil seker maak dat Oreos régtig veganisties is (goeie nuus – dit is!), stel Rhian van Rhian’s Recipes in Engeland voor dat nuwe veganiste hulle tot die internet wend: “Facebook-groepe kan ’n wonderlike bron van inspirasie wees. Daar is baie mense wat hulle beproefde resepte deel en verpakte maaltydaanbevelings doen. Verder is dit ’n wonderlike manier om op kookwenke en mense af te kom wat jou vrae sal kan beantwoord.”

 

This Vegan White Bean Mac and Cheese is luxuriously creamy, so comforting and most importantly, quick and easy to make. Full recipe here and in bio: https://www.rhiansrecipes.com/2017/05/27/vegan-white-bean-mac-and-cheese-gf/ . . . . . . . . #vegan #whatveganseat #recipevideo #veganfoodvideos @veganfoodvideos #cookingvideo #veganbaking @thehealthfoodedition #thehealthfoodedition #vegansofig #vegansofinstagram #veganlove #eatplants #veganfoodshare #veganfoodspot @veganvideos #veganvideos @veganvideoshare #veganvideoshare #feedfeedvegan @thefeedfeed.vegan #glutenfreevegan #glutenfree #veganeats #plantbased #healthyvegan #veganrecipes @veganshares #veganheroes @veganheroes @thefeedfeed.recipevideos #vegetarian #macandcheese

A post shared by Rhian’s Recipes/Rhian Williams (@rhiansrecipes) on

5. Doen jou navorsing

Vir watertandlekker veganistiese laatontbyt-inspirasie en billike, verruklike aandetes, kan jy blogskrywers en Instagram-rekeninge volg vir idees wat jou nuwe dieet sal inspireer.

6. Beplan vooruit

“Net soos met enige dieet of leefstylverandering, sal voorafbeplanning help voorkom dat jy koue voete kry,” sê Helen van Fuss Free Flavours in Brittanje. Nadat jy veganistiese kosidees nagevors het, kan jy ’n weeklikse eetplan opstel en sorg dat die nodige bestanddele in jou kaste is.”

Indien moontlik, kan jy dit oorweeg om grootmaat te kook sodat daar altyd ’n paar middag- en aandetes in die vrieskas is vir wanneer daar nie tyd is om van vooraf te begin kook nie. Dis ook ’n goeie idee om ’n paar veganistiese peuselhappies in jou handsak te hou vir wanneer jy aan die gang is.

7. Ken jou plaasvervangers

Wanneer jy jou gunsteling-resepte aanpas, is dit handig om goeie plaasvervangers te ken. Helen hou daarvan om botter met groenteolie te vervang, en in plaas van eier probeer sy “appelsous, piesang, vlas- of lynsaad, na gelang van die resep”. As jy ’n bietjie ekstra moeite doen om jou resepte te ontleed, sal jy ’n plaasvervanger met dieselfde funksie opspoor. Vra jouself af wat die funksie van die nie-veganistiese bestanddeel is en wanneer jy ’n effektiewe plaasvervanger ontdek, skyf dit neer!

Uit: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/yulkapopkova

LEES OOK:

Rokerige veganistiese swartbonesop

Die organiese skoonheidshandelsname wat jou sal oorreed om “groen” te gaan

7 stappe vir ’n gesonde hart en brein, volgens ’n studie-ontleding

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief