×
Skakel na Engels

7 wenke om ’n sinushoofpyn te verlig

Lente is hier, maar vir baie van ons beteken die warmer weer allergieë en sinusinfeksies. Kan jy nie ontslae raak van daardie aaklige sinushoofpyn met net pille nie of wil jy nie nog ’n kursus antibiotika drink nie? Hierdie wenke en rate kan verligting bring
  1. ’n Warm stort

Vat ’n warm, stomende stort. Die stoom sal ongemak verlig en jou neusweë help oopmaak.

  1. Drink iets warms …

Warm drankies soos kruietee of warm water met suurlemoen kan ook help om neusweë oop te maak en sal jou gehidreerd hou.

  1. … maar bly weg van melkerige drankies

Warm sjokolade of ’n cappuccino kan soos troos voel op die ergste dae, maar melkerige drankies sal slymproduksie net vererger wanneer jy ’n sinusinfeksie het. Onaangenaam, maar waar.

  1. Gebruik warm en koue kompresse

As jy met ’n sinushoofpyn sukkel, kan warm en koue kompresse op die gesig die pyn streel. Waar ’n warm kompres neusholtes kan help oopmaak, sal ’n koue kompres die ontsteking en pyn verlig.

  1. Probeer ’n soutneussproei

’n Soutneussproei sal ontsteking in die neus help verminder, die neusweë bevog en jou sinusse help behandel, wat mettertyd die hoofpyn sal verminder.

  1. Wend essensiële olies aan jou slape

Hoewel ’n aromatiese geur die laaste ding mag wees wat jy wil hê wanneer jy ’n sinushoofpyn het, kan sommige essensiële olies die pyn verlig. Masseer laventel- of bloekomolie aan jou slape en plaas druk op jou neusholtes om die verstopping los te maak.

  1. Jy is wat jy eet

Sluit vitamien C by jou dieet in wanneer jy ’n erge sinushoofpyn het. Dit bevat antioksidante wat enige infeksie sal help beveg en jou immuunstelsel sal versterk. Suiker en alkohol sal ’n sinusinfeksies net vererger. Beperk dit dus. Pikante kosse met speserye sal egter die sinusse help dreineer.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere om jou tas soos ’n kenner te pak

Of jy padlangs reis of êrens heen vlieg vir jou volgende vakansie, hierdie slim wenke sal jou help om alles...

Close