×
Skakel na Engels

7 topwenke vir oefening tydens swangerskap

Dit is belangrik om te oefen en fiks te bly terwyl jy verwag

Virgin Active het wonderlike raad om fiks te bly terwyl jy swanger is:

1. Bly gehidreerd deur baie water en ander vloeistowwe voor, gedurende en ná enige oefening te drink. Dit sal keer dat jy oorverhit.

2. Dit is belangrik om altyd op te warm en af te koel om styfheid en spierbeserings te keer. Mense kan hulself maklik seermaak deur nie hul spiere behoorlik voor oefening op te warm nie.

3. Dra lospassende en gemaklike klere. Dra glyvaste, ondersteunende skoene om te keer dat jy val en jouself beseer.

4. Moenie gedurende die eerste en tweede trimester plat op jou rug oefen nie omdat die gewig van jou uterus die bloed- en suurstofvloei na jou baba kan verminder.

5. Moenie jouself ooreis nie. Hou jou hartklop onder 140 slae per minuut.

6. Jou metabolisme is vinniger as gewoonlik wanneer jy swanger is. Dit is egter nie ’n verskoning om ongesond te eet nie. Onthou om steeds ’n goed gebalanseerde dieet te volg.

7. Swangerskap veroorsaak dat die lyf ’n hormoon genaamd relaksien afskei. Hierdie hormoon maak die gewrigte en ligamente sag om die geboorteproses makliker te maak. Wees dus versigtig om nie jou gewrigte te ooreis nie omdat dit beserings kan veroorsaak.

Onthou: Dit is belangrik om jou dokter te raadpleeg voordat jy begin oefen.

FOTO: iStock/piranka

LEES OOK:

6 kosse om te vermy wanneer jy probeer swanger raak

4 speelse maniere om fiks te word

Hoe om jou vel tydens jou swangerskap te versorg

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ses geheime voordele van joga

Dis g'n wonder dat joga deesdae as ’n belangrike komponent van feitlik enige oefenprogram beskou word nie

Close