×

7 tafelversierings sonder blomme vir troues

Blomme kan duur wees en word dikwels later weggegooi. Probeer hierdie alternatiewe tafelversierings, wat net so mooi kan lyk
tafelversierings

Vra enige bruid of trouebeplanner en hulle sal vir jou sê blomme is dikwels een van die grootste uitgawes vir die Groot Dag. En dikwels word al daardie pragtige blomme weggegooi sodra die vieringe verby is. Ons het op Instagram gekyk vir ’n paar alternatiewe tafelversierings wat nie net bekostigbaar is nie, maar ook so treffend dat niemand die blomme sal mis nie!

GH-WENK: As jy dol oor blomme is en tóg blommerangskikkings kies, nooi jou gaste om dit huis toe te neem (dit kan ook as dankie-sê-geskenke dien) of laat iemand dit die volgende dag by ’n hospitaal of ouetehuis aflaai – dink net hoeveel mense se lewe dit kan opkikker!

  1. Voëlhokke

Dollie dit met kunsblomme, feesliggies, kerse of stringe krale en kristalle op, en voilà! Gebruik een groot voëlhok of kleineres in verskillende groottes, vorms of kleure.

  1. Lanterns

Jy kan een groot, lang lantern of drie kleineres in verskillende hoogtes gebruik. Voeg ’n paar kerse of vars blomme by – dit sal steeds veel goedkoper as groot blommeruikers wees.

  1. Kaasborde

Praat van twee vlieë met een klap slaan! Pleks van canapés voor jou onthaal voor te sit, hoekom gebruik jy nie kaasborde as tafelversierings nie? Só kan jou gaste solank peusel terwyl hulle na die toesprake luister en jy sal nie ná die tyd met vermorste versierings of blomme sit nie.

Glasklokke is so veelsydig – jy kan dit met enige iets van feesliggies tot klein kaktusplantjies, eetgoed, vars produkte (granate en artisjokke is pragtige alternatiewe “blomme”-rangskikkings) of verskillende snuisterye vul.

Bind eenvoudig ’n mooi lint of ’n stukkie kant rondom ’n hopie outydse boeke. Of voeg ’n nommer by en laat jou tafelversierings as tafelnommers dien – so slim!

 

A photo posted by Just Jess (@justjess_consulting) on

  1. Kerse

Bepaal die stemming vir ’n feestelike aand deur kerse in verskillende vorms en groottes in die middel van die tafel in ’n ry te plaas. (Dit sal goed vir reghoekige tafels werk. As die tafels rond is, groepeer ’n paar kerse op ’n bord of spieël in die middel van die tafel.)

  1. Blaarryke versierings

Gebruik blare (bloekomblare werk goed) as ’n tafelloper vir ’n moeitelose, sakpas alternatief vir groot blommerangskikkings. Hou dit eenvoudig of voeg ’n paar kerse of feesliggies by vir ’n bietjie meer atmosfeer. Jy kan die blare selfs met spuitverf versier vir ’n bietjie blieng – gebruik metaalkleure soos goud of silwer.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Reënboog-verfprojekte

Dié verfprojekte met ’n reënboogtema sal jou inspireer om jou huis interessant en kleurryk te laat lyk

Close