×
Skakel na Engels

7 skoonheidskopies wat jou tyd én moeite sal spaar

Maak in ’n japtrap klaar!
skoonheidskopies

Baie van ons geniet dit om ons skoonheidsritueel tydsaam uit te voer, maar soms is daar eenvoudig nie tyd nie. Gelukkig hoef dit nie tydrowend te wees om op jou mooiste te lyk nie. Hier is ’n paar “kortpad”-skoonheidsprodukte wat jou tyd voor die spieël sal sny sonder om doeltreffendheid in te boet. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishoudoing op Pinterest vir nog.

Lees ook: Ons ontbloot agt algemene mites oor grimering en velsorg

Batiste se droë sjampoe

Soebat jou hare vir ’n was, maar jy het nie tyd nie? ’n Droë sjampoe sal jou deurdra totdat jy jou hare weer kan was. 

BaByliss Liss-3D-borsel

Die BaByliss Liss-3D-borsel is ’n kombinasie van ’n stryktang en ’n haarborsel. En ons is dól oor ’n goeie twee-in-een-produk!

L’Oréal Paris se Magic Retouch-sproei

Jou hare begin uitgroei maar jy het nie tyd om salon toe te gaan nie. Spuit hierdie sproei op jou wortels en niemand sal weet nie!

Lees ook: 3 Grimeerwenke vir die besige vrou

Ro’s Argan-lyfopknapper

Lyfroom is ’n moet, want dit hou ons vel gehidreer en gesond. Nou hoef jy dit egter nie inderhaas ná jou stort aan te wend nie; jy kan hierdie takie sommer ín die stort afhandel. 

The Body Shop se lip-en-wang-kleur

Spaar tyd én plek in jou handsak met hierdie lip- en wangvlekker wat speel-speel vir die perfekte kleur sal sorg, sonder dat jy ’n basislaag of lipomlyner nodig het.

Grimeeruitwisser

In plaas van watte en grimeerverwyderaar kan jy hierdie handige lappie gebruik om van jou grimering ontslae te raak. Maak dit eenvoudig met warm water nat. 

Essence Nail Art Express Dry-druppels

Jy moet jaag, maar het pas jou naels geverf. Moenie bang wees vir smeer nie – ’n paar druppels van hierdie produk sal jou naels aansienlik vinniger laat droog word. 

FOTO: iStock/GlobalStock

LEES OOK:

Jou gids tot velsorgbestanddele

Reinig én red jou vel

Hoe om jou hare hierdie somer gesond te hou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die nuutste skoonheidskopies, -kortpaaie en -tendense

GH se skoonheidsghoeroe sif deur die nuutste tendense sodat jy op jou mooiste kan lyk én voel!

Close