×
Skakel na Engels

7 resepidees vir aandete

Haal die moeite uit aandete en beplan vooruit vir die week wat voorlê met hierdie maklike, geurige resepte!

Maandag: Polenta-pizza

06_PolentaPizza_00012

Maak ’n heerlike vegetariese polenta-pizza vir #VleisloseMaandag. Kry die hele gesin in die kombuis bymekaar om te help en laat jou kinders hul kreatiwiteit gebruik om hul eie pizzas te maak. Julle kan selfs ’n minikompetisie hou om te kyk wie s’n kom die beste uit. Kry hierdie pizzaresep hier.

Dinsdag: Thaise groenkerrie met hoender en klappermelk

coconut-thai-green-curry

Kry Oosterse inspirasie met hierdie Thaise groenkerrie met hoender en klappermelk. Die klassieke geure van klapper, gemmer en lemmetjie sal jou na ’n ander wêreld wegvoer. Dis ideaal as ’n gesinsete of om jou gaste by jou volgende aandkuier te beïndruk.  Kry hierdie kerrieresep hier.

Woensdag: Varklendetjops in paprika-marinade

pork-loin-chops-in-paprika-marinade_web

Hou dinge eenvoudig vir die middel van die week. Hierdie varklendetjops is regtig smaaklik en die paprika-marinade gee dit ’n heerlike geur. Hou hierdie resep in gedagte vir wanneer familie en vriende op die laaste nippertjie kom kuier! Kry hierdie varkvleisresep hier.

Donderdag: Penne-puttanesca

penne

Vat dit rustig met die einde van die week in sig met hierdie resep vir penne-puttanesca. Dis maklik om te maak en het die heerlikste outentieke geure. Maak genoeg sodat jy oorskiet vir die volgende dag het. Kry hierdie pastaresep hier.

Lees ook: Wat jou kosdrange werklik beteken

Vrydag: Tunaslaai met patat en basiliekruid

salad

Ons het nooit geweet dis so maklik om gesond te eet nie! Hierdie sogenaamde “slaai” is vars en aanloklik vir al die sintuie. Ontspan ná ’n lang week met dié eenvoudige resep. Kry hierdie slaairesep hier.

Saterdag: Griekse hoenderpitas

hoenderpita

Ontdek die Griekse godin in jou en sit hierdie smaaklike hoenderpitas vir jou gaste voor! Elkeen kan in die pret deel deur hul eie pita te maak – en dit sal jou meer tyd gee om die aand te geniet. Kry hierdie pitaresep hier.

Sondag: Piesangplaatkoekies

crumpets

Maak hierdie tradisionele plaatkoekieresep met ’n prettige kinkel. Jou kinders sal dol daaroor wees en dit sal die innerlike kind in enige volwassene na vore bring. Kry hierdie plaatkoekieresep hier.

Heerlike nagereg: Piesangpoedinglollies en mengelmoes-roomyshorinkies

ice cream-1 aandete

Raak hierdie week kreatief met jou nagereg en hê pret in die kombuis. Hierdie roomyshorinkies is makliker om te maak as wat dit lyk en smaak fantasties! Kry die resep vir hierdie roomyshorinkies hier.

Sondag-gebak: Gebakte New Yorkse frambooskaaskoek

JamesMartin recipe ideas

Niemand sal ’n stukkie van hierdie klassieke New Yorkse kaaskoek kan weerstaan nie! Die frambose is uiters verfrissend en komplementeer die romerige tekstuur. Jy kan ekstra garnering byvoeg as jy wil, maar dit hang van jou af. Kry hierdie kaaskoekresep hier.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou sterre Maart 2017

Tracy Shaw kyk na wat jou sterre voorspellings vir dié maand inhou

Close