×
Skakel na Engels

7 nuttige wenke om vir jou houtmeubels te sorg

Die lente is in volle gang! Dis nou die ideale tyd om jou pragtige houtmeubels vir daardie tuinparty te gebruik wat jy al so lank uitstel

Met die Plush Supreme-houtsorgreeks kan jy jou houtmeubels vinnig en maklik skoonmaak sonder dat dit ’n plaas se prys kos. Hou jou houtmeubels mooi met hierdie Plush-houtsorgprodukte:

Furniture-Oils-Updated-All-three-300x238-1

Plush Wooden Furniture Cream

Dit is ideaal om die mooi glans in jou houtmeubels te herstel.

Plush Wooden Furniture Oil

Dié olie beskerm en voed hout, bring die grein na vore en gee dit ’n natuurlike glans. Plush Wooden Furniture Oil is in ’n ligte en ’n donker skakering beskikbaar. 

5 maklike stappe om die natuurlike skoonheid van jou houtmeubels te beklemtoon:

1. Stof jou houtmeubels af.

2. Kies die ligte of donker skakering van Plush Supreme Wooden Furniture Oil volgens die kleur van jou houtmeubels vir glans en beskerming. Wend die olie spaarsamig en eweredig in sirkelbewegings met ’n sagte, skoon en droë katoenlap aan.

3. Poets en poleer die hout om ’n luisterryke glans te verkry deur ’n tweede sagte, skoon, droë katoenlap te gebruik.

4. Om die hout te voed en beskerm, skud die Plush Supreme Wooden Furniture Cream goed en wend ’n dun, eweredige laag met ’n skoon lap in sirkelbewegings aan.

5. Poets weer eens die houtoppervlak met ’n tweede skoon, droë lap.

7 nuttige wenke om jou houtmeubels te versorg:

1. Gebruik ’n sagte lap om jou houtmeubels af te stof voordat jy dit poleer.

2. Probeer om nie jou binnenshuise meubels voortdurend aan regstreekse sonlig bloot te stel nie, want dit kan die kleur van jou meubels laat verbleik.

3. Vee dit onmiddellik op as jy iets op jou houtmeubels mors. 

4. Hou permanent drupmatjies op houttafels om dit teen merke te beskerm wat kan vorm wanneer warm of koue items daarop geplaas word.

5. Moenie handsakke en items op jou houtmeubels plaas wat dit kan beskadig en krap nie.

6. Om seker te maak dat ’n produk vir ’n spesifieke meubelstuk geskik is, toets dit altyd eers op ’n klein, onopmerklike plek op jou meubels voordat jy dit gebruik.

7. Om houtmeubels weekliks te poleer help beskerm die afwerking teen skade en sal jou houttafels, -stoele en -kaste op hul mooiste laat lyk.

Volg @PlushSA op Facebook of besoek Plush vir nog inligting oor Plush. 

PRODUKFOTO: Met vergunning van Plush

HOOFFOTO: iStock/monkeybusinessimages

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 stappe om die beste gebruik van jou toiletreiniger te kry

Om jou toilet skoon te maak hoef nie ’n kopseer te wees nie!

Close