×
Skakel na Engels

6 mode-items wat jy vir daardie vakansievoorkoms nodig het

Ontspan in styl met hierdie sjiek kopies!
vakansievoorkoms

Die somer is in volle swang en baie van ons is reeds met vakansie. Om die meeste van ’n sondeurdrenkte vakansie te maak, gaan jy hierdie mode-items nodig hê.

1. ’n Strooihoed

R180, Woolworths

’n Oorgroot strooihoed is ’n wen-wen-kopie, want dit is modieus sowel as funksioneel. Groter style is op die oomblik hoogmode. Voeg ’n tikkie flair by koel wit linnerokke en vlootgeïnspireerde uitrustings terwyl jy jou gesig teen die son beskerm.

2. ’n Kaftan

R149, Spree

’n Lospassende kaftan met ’n treffende motief sal ’n tikkie elegansie aan ’n dag langs die swembad of op die strand verleen, en terselfdertyd as beskerming teen die son dien. Beskou dit as die ideale oplossing vir wanneer jy langs die water ontspan. 

3. Oorgroot sonbril

R89, Miladys

’n Oorgroot sonbril is nét die manier om enige someruitrusting interessant te maak. Hierdie somer maak jy jou eie reëls, maar ons stel voor jy belê in ’n oorgroot katoog- of ovaalvormige bril vir ’n moderne voorkoms.

4. Espadrilles

R279, Spree

Hierdie geweefde pragstukke is 2017 se amptelike somerskoene en is net so gewild onder beroemdes as vakansiegangers. Ons is mal oor die feit dat dit so gemaklik is en boonop die somergees verteenwoordig. Kies sterk kleure soos heldergeel of oranje om die somer te vier.

 

5. ’n Eenstuk-swembroek

R350, Woolworths

Die terugkeer van die eenstuk het beslis ’n paar rimpelings veroorsaak. Die mees moderne weergawe van dié neiging het ’n mooi laaggesnyde rug, die ideale manier om ’n bietjie lyf te wys sonder om gemak in te boet.

6. ’n Geweefde sak

R229, H&M

’n Sak met ’n getekstureerde afwerking is 2017 se weergawe van die klassieke strandsak. Hierdie jaar se stylvolste opsies het genoeg plek vir jou strandhanddoek, sonroom en ’n boek of twee en lyk boonop fantasties aan jou arm.

FOTO: iStock/alexandr_1958

LEES OOK:

7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer

Hoekom verskil mans en vroue se hempsknope?

Lyk stylvol op ’n klein begroting

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
15 goed wat jy in jou vakansienoodhulpkissie móét pak

Moenie dat ’n hoofpyn of insekbyt jou vakansie ruïneer nie!

Close