×
Skakel na Engels

7 maniere om jou klerekas gereed vir die somer te kry

Hierdie staatmakerkopies en -tendense sal jou klerekas nuwe flair vir die somer gee!

1. Dra vrolike valle

Valle is die ideale manier om ’n stylstelling te maak en dis ’n goeie keuse vir ’n somertroue. Hou die res van jou uitrusting eenvoudig omdat die valle so flambojant is.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

2. Wys jou skouers

Skouerlose tops en rokke is ’n subtiele manier om ’n bietjie vel te wys terwyl jou arms steeds bedek bly.

3. Kry ’n oorvourok

’n Klassieke oorvourok is ’n modestaatmaker en sekerlik die vleiendste styl vir enige figuur. Rond hierdie vloeiende blombedrukte rok met ’n seunspet af vir ’n bietjie speelsheid.

Lees: 10 modewenke om jou jonger te help lyk

4. Kies ’n ruitpatroon

Ruitpatrone is hierdie seisoen oral te sien – op rokke, hemde, handsakke, skoene en meer. Dra hierdie eenvoudige geruite bandjiesrok oor ’n deursigtige rok of bloes, of oor ’n gewone wit T-hemp vir ’n vars, vleiende voorkoms.

5. Lyk sjiek in vuilpienk

Vuilpienk is hierdie seisoen dié kleur om te dra as jy ’n ekstravroulike gevoel wil skep. Kombineer verskillende teksture vir ’n mooi luukse voorkoms.

6. Blom ’n bietjie

Vir ’n volwasse eerder as ’n meisierige voorkoms, kies motiewe met delikate blomtakkies op ’n wit of swart agtergrond. Dié rok met sy lang moue en vleiende halslyn sal ook mooi lyk as jy dit net so met hoëhakskoene na ’n geleentheid dra, of oor noupypjeans vir ’n sjiek dagvoorkoms.

7. Spog met ’n unieke hemp 

Vergeet vervelige knoophemde; 2017 is die jaar van die buitengewone hemp. Kyk uit vir oorgroot moue, strikke en interessante halslyne en dra dit by ’n romp, culotte, langbroek of jeans. Deursigtige lae is ook hierdie seisoen baie gewild, veral op rompe.

LEES OOK:

Die beste kleur om dié somer te dra volgens jou sterreteken

13 briljante wenke wat jou klere langer sal laat hou

Vyf maniere om jouself somergereed te maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vyf maniere om jouself somergereed te maak

Selfliefde is die maklikste manier om dit te doen!

Close