×
Skakel na Engels

7 maniere om die laag-op-laag-voorkoms dié winter te bemeester

Nou hoef jy nie meer tussen gemak en styl te kies nie!
winter

Die winter is koud en al wat ons wil doen, is om die een laag oor die ander aan te trek. Die probleem? Dit lyk nie altyd so vleiend nie. Die oplossing? Ons gaan jou nou wys! Vervolmaak die laag-op-laag-voorkoms:

1. Steek jou trui in

Lae kan gou slonserig lyk. Die kombinasie van ’n lospassende broek en ’n ingesteekte rolhalstrui skep egter ’n baie vleiende silhoeët. Dis ’n goeie basis om mee te werk – trek dan nog lae soos ’n jas of serp daarby aan. 

 

A post shared by Jana Aasland (@janaaasland) on

2. Herdefinieer monochroom

Speel met skakerings. Lae kan ’n bietjie onnet lyk as jy te veel verskillende kleure dra. Grys, wit en swart kom in veel meer skakerings as wat jy dink en dis ’n fantastiese kombinasie om mee te eksperimenteer.  

 

A post shared by Cupcake Central (@cupcakecentral) on

3. Probeer die sjiek oor-die-skouer-neiging

Een van ons grootste modedilemmas in die winter is dat dit vriesend buite, maar baie warm binne is. Hoe en wat trek ’n mens dus aan? Hier is ’n slim plan: Laat jou mooi jas eerder net oor jou skouers hang – dit lyk sjiek, elegant en is boonop nou baie in die mode.

Lees: 5 klassieke jasstyle om hierdie winter in te belê

4. Dra kunspels

Voordat ons verder gaan, kan ons net herhaal: KUNSpels. Dis tans groot modenuus en ’n poncho of jas met ’n kunspelskraag is die perfekte warmding vir die winter.  

 

A post shared by Luxy London (@luxylondon) on

5. Denim bly ’n wenner

Jy moet eers die basis van jou uitrusting regkry voordat jy lae kan begin aantrek. Denim is die perfekte grondslag, want dit pas by feitlik alles. As jy dapper genoeg voel, kan jy selfs ’n denimhemp én jeans as jou basis aantrek voordat jy nog lae en bykomstighede byvoeg. 

6. Beklemtoon jou middel

’n Belt is jou beste vriend! Jy kan ’n klomp gemaklike, lospassende lae oor mekaar aantrek en bloot ’n belt aansit om steeds vleiend en afgerond te lyk.

 

A post shared by SistersinTown (@sistersintown_) on

Lees: Hoe om die dun gordel te dra

7. Sit ’n serp aan

As jy bang is ’n serp gaan jou nog meer opgestop en toegewikkel laat lyk, het jy net nog nie die regte serp gekry nie! Dra ’n effens kleiner, delikate serp met ’n pragtige motief of kleur om jou uitrusting af te rond.

Was hierdie wenke nuttig? Laat weet ons gerus! #GHMode

FOTO: iStock/ruslanshramko

LEES OOK:

7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer

9 snoesige truie wat jou hart dié winter sal begeer

25 maniere om ’n serp te dra

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om die perfekte winterjas te kies

Hierdie beleggingskopie sal verskeie seisoene hou

Close