×
Skakel na Engels

7 heerlike ontbyt-vir-aandete-resepte

Keer aandete op sy kop!

Maandag: Mediterreense hoender-en-feta-frittata

Hierdie vinnige Mediterreense hoender-en-feta-frittata is perfek vir die begin van die week! Dis ook ’n slim manier om groente by jou kinders se dieet in te sluit sonder dat hulle dit agterkom. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Dinsdag: Ontbytpizza met spek en gruyère

Hierdie prettige “pizza” is die ideale verskoning om jou kinders sover te kry om jou in die kombuis te help. En dit neem glad nie lank om te maak nie, wat beteken jy sal oorgenoeg tyd hê om ná die tyd as gesin te ontspan . . . of die kinders met hul huiswerk te help. 

Woensdag: Spaanse aartappelomelet

Gaan op ’n smaakreis na Spanje met hierdie veerligte omelet. Laat die spek uit as jy ’n vegetariese weergawe wil maak. Jy kan regtig jou verbeelding gebruik as dit by ekstra bestanddele kom – hierdie gereg is baie veelsydig!

Donderdag: Kaasplaatkoekies met spek en eiers

Dis nou ’n goeie voorbeeld van hoe ’n doodgewone gereg spoggerig kan lyk bloot deur dit mooi op te dien. Dié stapeltjies sal selfs jou skoonma beïndruk! Gebruik gerus gebakte eiers pleks van geposjeerde eiers as jy verkies.

Vrydag: Quiche met tamatie en bokmelkkaas

Vir iets wat ’n bietjie flair het tog informeel is, is hierdie tamatie-en-bokmelkkaas-quiche net die ding. Begin jou naweek met hierdie heerlike en maklike gereg. Dit sal beslis ’n gesinsgunsteling word.

Saterdag: Kaliforniese ontbyt-wraps

Dié geurige en smaaklike ontbytwraps werk net so goed vir aandete!

Sondag: Gesonde ham, eiers en skyfies

’n Heilsame en vullende maaltyd is net wat elke Sndag nodig het, en dié gesonde ham, eiers en skyfies is presies dít. Dis boonop net die ding om te maak as jou familie Sondag kom kuier. 

Njam-njam nagereg: Tuisgemaakte malvalekkers

Wys jou slag in die kombuis en maak jou eie malvalekkers! Jy kan gewone wittes maak, of gee jou kreatiwiteit vrye teuels en maak gekleurdes soos dié met ’n vrolike pienk marmereffek. 

Naweekgebak: Delikate sponssoentjies

Soos die naam sê, is dié sponssoentjies delikaat en smelt-in-die-mond-lekker. Dit moet met liefde gemaak word, nes enige ander gebak!

 

LEES OOK:

Eet dít vir minder stres

Eet dít om beter te slaap

Het jy ’n ongesonde verhouding met kos?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Heerlike gesinsetes met 10 (of minder) bestanddele

Maklik – en eenvoudig heerlik!

Close